Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w00 7/1 bl. 32
  • Waarom moet ons vergewensgesind wees?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Waarom moet ons vergewensgesind wees?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2000
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2000
w00 7/1 bl. 32

Waarom moet ons vergewensgesind wees?

“WETENSKAPLIKES is besig met ’n navorsingsprojek wat begin toon dat dit emosionele—en heel moontlik fisiese—gesondheid kan verbeter as ’n mens vergewensgesind is”, berig The Toronto Star van Kanada. Maar professor Carl Thoresen van Stanford-universiteit, VSA, die hoofnavorser vir die Stanford-Vergifnisprojek, sê dat daar “baie min mense is wat verstaan wat vergifnis is en hoe dit werk”.

Ware vergifnis word as ’n noodsaaklike aspek van die Christelike godsdiens beskou. The Toronto Star omskryf dit so: “Die besef dat jy veronreg is, dat jy afsien van alle gevolglike kwade gevoelens en uiteindelik die skuldige persoon met medelye en selfs liefde behandel.” Daar moet ’n onderskeid getref word tussen vergifnis en om die oortreding te vergoelik, te regverdig, te vergeet of te ontken; dit beteken ook nie dat jy jou weer in ’n situasie sal plaas waar jy misbruik word nie. Die verslag sê dat die sleutel tot ware vergifnis is “om ontslae te raak van woede en negatiewe gevoelens”.

Navorsers sê dat verdere studies oor die fisiese voordele van vergifnis nodig is. Maar hulle sê wel dat daar sielkundige voordele is, wat “minder spanning, angstigheid en depressie” insluit.

’n Baie goeie rede waarom ’n mens moet vergewe, word in Efesiërs 4:32 gegee, wat sê: “Word goedhartig teenoor mekaar, vol tere medelye, en vergewe mekaar vryelik net soos God julle ook deur Christus vryelik vergewe het.” Wanneer dit by vergifnis kom, word ons, soos met ander dinge, aangespoor om navolgers van God te word.—Efesiërs 5:1.

As ons weier om ander te vergewe wanneer daar rede is om barmhartig te wees, kan dit ons eie verhouding met God benadeel. Jehovah verwag van ons om mekaar te vergewe. Dan kan ons bid dat hy ons sal vergewe.—Matteus 6:14; Markus 11:25; 1 Johannes 4:11.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel