Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w00 10/15 bl. 32
  • “’n Voorbeeld van eenheid”

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • “’n Voorbeeld van eenheid”
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2000
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2000
w00 10/15 bl. 32

“’n Voorbeeld van eenheid”

DIT was die opskrif van ’n hoofartikel wat in ’n koerant in Indaiatuba, Sao Paulo, Brasilië, gepubliseer is. Wie het die voorbeeld gestel? “Jehovah se Getuies, wat beplan om ’n nuwe ‘Koninkryksaal’ te bou, soos hulle tempels of ouditoriums genoem word, stel ’n positiewe en tasbare voorbeeld van samewerking wat nie geïgnoreer kan word nie”, het die skrywer verduidelik.

Die eenheid onder Jehovah se Getuies is op sulke geleenthede duidelik sigbaar. Die artikel het dus verder gesê: “Dit is treffend om te sien hoe mans, vrouens en tienderjarige vrywilligers gewillig saamwerk om ’n gebou op te rig waar hulle bymekaar kan kom en God kan aanbid.”

Jehovah se Getuies stel ook in ander opsigte ’n goeie voorbeeld. “Buiten dat hulle studeer en bid, is dit hulle doelwit om alkoholiste en dwelmverslaafdes te rehabiliteer en om vir mense die weg van eenheid en liefde te wys”, het die artikel bygevoeg. Hoe doen hulle dit? Die Getuies weet dat ’n persoon gehelp word om weg te breek van verdorwe gebruike as hy kennis van die Bybel opdoen en dit toepas. Dit is waarom hulle ander probeer leer wat hulle uit die Bybel geleer het. Die artikel sê ten slotte dat hulle voorbeeld “’n voorbeeld is wat ongetwyfeld sonder verwyl nagevolg moet word”.

Die publiek is welkom om die vergaderinge van Jehovah se Getuies by te woon, en geen kollektes word opgeneem nie. Jy word hartlik uitgenooi om ’n Koninkryksaal in jou omgewing te besoek.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel