Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w02 9/1 bl. 32
  • ‘Vergewe mekaar vryelik’

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ‘Vergewe mekaar vryelik’
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2002
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2002
w02 9/1 bl. 32

‘Vergewe mekaar vryelik’

GLO jy dat God jou sondes vergewe het? Dit lyk of die meeste volwassenes in die Verenigde State dit glo. Dr. Loren Toussaint, die hoofsamesteller van ’n studie wat gedoen is by die Universiteit van Michigan se Instituut vir Maatskaplike Navorsing, sê dat van die 1 423 Amerikaners wat ondervra is, ongeveer 80 persent van die volwassenes bo 45 jaar gesê het dat God hulle sondes vergewe het.

Dit is egter interessant dat net 57 persent van diegene wat ondervra is, gesê het dat hulle ander vergewe het. Hierdie statistiek laat ons dink aan Jesus se woorde in die Bergpredikasie: “As julle die mense hulle oortredings vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe; maar as julle die mense hulle oortredings nie vergewe nie, sal julle Vader julle oortredings ook nie vergewe nie” (Matteus 6:14, 15). Ja, God se vergifnis van ons sondes hang deels af van ons bereidwilligheid om ander te vergewe.

Die apostel Paulus het Christene in Kolosse aan hierdie beginsel herinner. Hy het hulle aangespoor: “Hou aan om mekaar te verdra en mekaar vryelik te vergewe as iemand rede tot klagte teen ’n ander het. Net soos Jehovah julle vryelik vergewe het, so moet julle ook doen” (Kolossense 3:13). Dit is weliswaar nie altyd maklik nie. Wanneer iemand byvoorbeeld onbedagsame of onvriendelike dinge van jou sê, kan dit moeilik wees om hom te vergewe.

Maar dit is baie voordelig om ander te vergewe. Dr. David R. Williams, ’n sosioloog, het aangaande sy navorsing gesê: “Ons het gevind dat daar ’n besonder sterk verband is tussen die vergifnis van ander en die geestesgesondheid van middeljarige en ouer Amerikaners.” Dit is in ooreenstemming met die woorde van die wyse koning Salomo, wat sowat 3 000 jaar gelede geskryf het: “’n Kalm hart is die lewe van die vlees” (Spreuke 14:30). Aangesien vergewensgesindheid ’n goeie verhouding met God en met ons naaste bevorder, het ons goeie rede om ander vryelik en van harte te vergewe.—Matteus 18:35.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel