Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w03 1/1 bl. 32
  • “Jy is reg, die lewe is wonderlik!”

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • “Jy is reg, die lewe is wonderlik!”
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2003
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2003
w03 1/1 bl. 32

“Jy is reg, die lewe is wonderlik!”

SOU jy graag wou uitvind wat die ware doel van die lewe is? Die 18-jarige Magdalena, een van Jehovah se Getuies wat in Szczecin, Pole, woon, het haar klasmaat Katarzina gehelp om juis dit te doen. Katarzina het gesê dat sy ’n ateïs is, maar toe Magdalena met haar oor die Bybel praat, het sy opregte belangstelling getoon.

Hoewel Katarzina gehou het van die dinge wat Magdalena haar in die Bybel gewys het, kon sy dit nie heeltemal aanvaar nie. Toe Katarzina eenkeer met Magdalena oor ware vriende gesels het, het sy gesê: “Jy het die Bybel; jy weet watter beginsels om te volg en waar om na vriende te soek. Maar wat van diegene wat nie daardie beginsels kan aanvaar nie, ten minste nie op hierdie stadium nie?”

Sake het verander toe Katarzina na Londen, Engeland, gereis het. Daar het sy die takkantoor van Jehovah se Getuies besoek, en sy is getref deur hulle vriendelikheid teenoor haar. Sy is beïndruk deur eenvoudige dinge wat hulle vir haar gedoen het, soos om die deur vir haar oop te hou en opregte belangstelling te toon in wat sy sê.

Toe die nuwe skooljaar in September 2001 begin het, het Katarzina besluit om ’n gereelde Bybelstudie te aanvaar. Haar waardering vir Bybelbeginsels het toegeneem en sy het dit in haar daaglikse lewe begin toepas. Sy het onlangs teenoor Magdalena erken: “Dit voel vir my asof ek ’n nuwe lewe begin.” Sy het ook vir haar ’n kort selfoonboodskappie gestuur: “Baie dankie vir vandag se studie! Jy is reg, die lewe is wonderlik! Dit is goed om te weet wie ons daarvoor moet bedank.”

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel