Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w03 11/1 bl. 32
  • “Ek het vriendskap, liefde en belangstelling gevind”

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • “Ek het vriendskap, liefde en belangstelling gevind”
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2003
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2003
w03 11/1 bl. 32

“Ek het vriendskap, liefde en belangstelling gevind”

“HIERAAN sal almal weet dat julle my dissipels is, as julle liefde onder mekaar het” (Johannes 13:35). Net soos Jesus gesê het, het liefde die kenmerk van die vroeë Christenbroederskap geword. Tertullianus het meer as honderd jaar ná Christus se dood geskryf dat waarnemers gesê het: ‘Kyk hoe lief is hulle vir mekaar en hoe hulle selfs bereid is om vir mekaar te sterf.’

Kan daardie soort liefde nog in die wêreld gevind word? Ja. Neem byvoorbeeld ’n brief wat die takkantoor van Jehovah se Getuies in Brasilië ontvang het. ’n Vrou met die naam Marília het geskryf:

“Terwyl my ma, wat een van Jehovah se Getuies is, in Villa Mercedes, Argentinië, gewoon het, het sy osteoartritis ontwikkel en is sy gevolglik in haar onderlyf verlam. Die Getuies in Villa Mercedes het die eerste agt maande van haar siekte op liefdevolle en bedagsame wyse na haar omgesien. Hulle het vir alles gesorg, haar huis skoongemaak en haar maaltye voorberei. Selfs terwyl my ma in die hospitaal was, was daar altyd iemand by haar, dag en nag.

“Ek en my ma het sedertdien na Brasilië teruggekeer, waar sy steeds van haar siekte herstel. Waar ons nou woon, doen die Getuies alles in hulle vermoë om my ma te help terwyl sy aansterk.”

Marília sluit haar brief soos volg af: “Ek moet erken dat ek nie self ’n Getuie is nie, maar ek het vriendskap, liefde en belangstelling gevind onder die Getuies.”

Ja, daar ís nog mense wat met ware Christelike liefde optree. Daardeur toon hulle watter kragtige uitwerking Jesus se leringe op ons lewe kan hê.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel