Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w03 12/15 bl. 32
  • Hou jy jou gevoel van verwondering lewendig?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hou jy jou gevoel van verwondering lewendig?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2003
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2003
w03 12/15 bl. 32

Hou jy jou gevoel van verwondering lewendig?

HET jy opgelet dat Bybelskrywers dikwels met verwondering praat oor God se werke en eienskappe? “Ek [is] wonderbaar gemaak”, het die psalmis gesê (Psalm 139:14). “O Jehovah”, het die profeet Jesaja geskryf, “u is my God. Ek verhef u, ek prys u naam, want u het wonderlike dinge gedoen” (Jesaja 25:1). Of dink aan die verwondering en ontsag in die apostel Paulus se woorde: “O die diepte van God se rykdom en wysheid en kennis!”—Romeine 11:33.

“Verwondering” kan beskryf word as “’n emosie wat opgewek word deur die onverwagse, onbekende of onverklaarbare; veral verbasing gemeng met bewondering of nuuskierigheid, ensovoorts”.

Verskaf dit ’n mens nie vreugde om te sien hoe klein kindertjies hulle met groot oë verwonder oor iets nuuts wat hulle sien, voel of hoor nie? Dit is jammer dat hierdie soort verwondering wat weens nuuskierigheid of die nuwigheid van iets gewek word, dikwels met die jare afneem.

Maar die Bybelskrywers wat hierbo aangehaal is, het ’n diepgaande gevoel van ontsag gehad. En dit het by hulle gebly. Hoe so? Hulle het hulle gevoel van verwondering lewendig gehou deur met waardering oor God se werke te peins. Die psalmis het gebid: “Ek dink aan die jare wat lankal reeds verby is; ek peins oor alles wat u gedoen het; die wonders van u skepping vul my gedagtes.”—Psalm 143:5, The New English Bible.

Hoe prysenswaardig is dit tog dat hierdie gevoel van verwondering onder God se hedendaagse aanbidders gevind kan word! Het jy dit? Hou jy dit lewendig?

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel