Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w04 4/1 bl. 32
  • Moet ons tot engele bid vir hulp?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Moet ons tot engele bid vir hulp?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2004
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2004
w04 4/1 bl. 32

Moet ons tot engele bid vir hulp?

IS DIT gepas om engele aan te roep in tye van benoudheid? Baie mense dink so. Trouens, die New Catholic Encyclopedia sê: “’n Mens bid tot . . . die engele . . . maar slegs in die sin dat hulle vir ons voorspraak moet doen by God.” Moet ons engele aanroep om vir ons voorspraak te doen?

God se Woord bevat die name van net twee van God se getroue engele, Migael en Gabriël (Daniël 8:16; 12:1; Lukas 1:26; Judas 9). Aangesien hierdie name in die Bybel genoem word, lei ons af dat elke engel ’n unieke geespersoon met ’n naam is en nie net die een of ander onpersoonlike krag nie. Tog wou ander engele nie hulle name bekend maak nie. Byvoorbeeld, toe Jakob ’n engel wat hom besoek het, gevra het wat sy naam is, het hy geweier om dit te gee (Genesis 32:29; Rigters 13:17, 18). Die Bybel voorsien nie ’n lys met name van engele nie, wat dus verhoed dat mense te veel aandag op hulle vestig.

Een van die pligte wat engele het, is om boodskappe van God aan mense oor te dra. Trouens, die oorspronklike Hebreeuse en Griekse woorde wat as “engel” vertaal word, beteken letterlik “boodskapper”. Engele dien egter nie as middelaars wat die gebede van mense na die Allerhoogste se troon neem nie. God het bepaal dat gebede aan hom gerig word in die naam van sy Seun, Jesus Christus, wat gesê het: “Wat julle die Vader ook al in my naam vra, hy [sal] dit vir julle . . . gee.”—Johannes 15:16; 1 Timoteus 2:5.

Jehovah God is nooit te besig om na ons te luister as ons hom op die regte manier nader nie. Die Bybel gee ons hierdie versekering: “Jehovah is naby almal wat hom aanroep, almal wat hom in waaragtigheid aanroep.”—Psalm 145:18.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel