Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w04 8/1 bl. 32
  • “Ons wil graag ‘Ja!’ antwoord”

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • “Ons wil graag ‘Ja!’ antwoord”
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2004
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2004
w04 8/1 bl. 32

“Ons wil graag ‘Ja!’ antwoord”

DIE takkantoor van Jehovah se Getuies in Nigerië het onlangs ’n brief ontvang wat onder meer sê:

“Ons seun, Anderson, is op die ouderdom van 14 oorlede. Voor sy dood het hy twee hoenders grootgemaak. Hy wou hulle verkoop en die geld aan die takkantoor stuur as ’n bydrae vir die wêreldwye predikingswerk. Maar hy is oorlede voordat hulle verkoop kon word.

“Omdat dit sy begeerte was, het ons, as sy ouers, die hoenders grootgemaak en verkoop. Ons stuur die geld aan julle as Anderson se bydrae. Jehovah se belofte gee ons die vertroue dat ons Anderson binnekort weer sal sien. Ons wil graag ‘Ja!’ antwoord wanneer hy vra of ons sy hartsbegeerte uitgevoer het. Ons sien beslis daarna uit om nie net vir Anderson te sien nie, maar ook ’n ‘groot wolk van getuies’ wat opgewek sal word.”—Hebreërs 12:1; Johannes 5:28, 29.

Soos die brief hierbo duidelik toon, is geloof in die opstanding ’n hoop wat ware Christene onderskraag. Hoeveel blydskap sal miljoene gesinne tog nie ervaar nie wanneer hulle, soos Anderson se gesin, geliefdes terugverwelkom wat hulle verloor het weens die vyand, die dood!—1 Korintiërs 15:24-26.

Hierdie vertroostende hoop op die opstanding is een van die talle wonderlike dinge wat volgens God se Woord binnekort ’n werklikheid sal word in die regverdige nuwe wêreld onder God se Koninkryk (2 Petrus 3:13). Die Bybel sê wat God dan vir mense gaan doen: “Hy sal elke traan van hulle oë afvee, en die dood sal daar nie meer wees nie, en ook verdriet en angsgeroep en pyn sal daar nie meer wees nie. Die vorige dinge het verbygegaan.”—Openbaring 21:4.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel