Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w04 12/1 bl. 32
  • Wat jy moet lees—Salomo se wyse raad

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wat jy moet lees—Salomo se wyse raad
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2004
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2004
w04 12/1 bl. 32

Wat jy moet lees—Salomo se wyse raad

“AAN die maak van baie boeke kom geen einde nie, en groot toewyding daaraan is vermoeiend vir die vlees” (Prediker 12:12). Toe wyse koning Salomo van Israel hierdie woorde sowat 3 000 jaar gelede opgeteken het, het hy nie lees ontmoedig nie. Hy het eerder daarop gewys dat ’n mens selektief moet wees. Hoe tydig is hierdie herinnering tog nie vandag nie, aangesien daar elke jaar miljarde bladsye leesstof deur die wêreld se perse gedruk word!

Dit is duidelik dat die “baie boeke” waarna Salomo verwys het, nie opbouend of verkwikkend was nie. Daarom het hy gesê dat toewyding daaraan nie positiewe en blywende voordele inhou nie, maar eerder “vermoeiend vir die vlees” is.

Het Salomo egter gesê dat daar glad nie boeke bestaan wat goeie, betroubare leiding gee wat die leser tot voordeel kan strek nie? Nee, want hy het ook geskryf: “Die woorde van die wyses is soos osprikkels, en soos ingeslane spykers is dié wat hulle aan versamelings van spreuke wy; hulle is deur een herder gegee” (Prediker 12:11). Ja, daar is geskrewe woorde wat, “soos osprikkels”, ’n positiewe aansporing kan wees. Dit kan ’n mens aanmoedig om die regte weg te volg. Daarbenewens kan dit, “soos ingeslane spykers”, ’n mens se voornemens versterk en ’n stabiliserende uitwerking hê.

Waar kan ons hierdie wyse woorde vind? Die voortreflikste woorde is, volgens Salomo, dié wat hulle oorsprong het by die een Herder, Jehovah (Psalm 23:1). Daar is dus geen beter keuse nie as die boek wat deur God geïnspireer is—die Bybel. As ’n mens hierdie geïnspireerde woorde gereeld lees, kan dit jou help om “volkome bevoeg [te word], ten volle toegerus vir elke goeie werk”.—2 Timoteus 3:16, 17.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel