Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w04 12/1 bl. 30
  • ’n “Besonder goeie” vertaling

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ’n “Besonder goeie” vertaling
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2004
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2004
w04 12/1 bl. 30

’n “Besonder goeie” vertaling

VOLGENS een opname is daar tussen 1952 en 1990 tot 55 nuwe Engelse vertalings van die Christelike Griekse Geskrifte uitgegee. As gevolg van die vertalers se keuses is daar nie twee identiese vertalings nie. Om die betroubaarheid van die vertalers se werk te beoordeel, het Jason BeDuhn, medeprofessor van godsdiensstudie aan die Universiteit van Noord-Arizona, in Flagstaff, Arizona, VSA, die akkuraatheid van agt vername vertalings ondersoek en vergelyk, waaronder die Engelse uitgawe van die Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif, wat deur Jehovah se Getuies uitgegee word. Die uitslag?

Hoewel BeDuhn krities staan teenoor party van die vertalingskeuses, het hy die Nuwe Wêreld-vertaling beskryf as ’n “besonder goeie” vertaling, “verreweg beter” en “deurgaans beter” as party van die ander wat ondersoek is. BeDuhn het tot die slotsom gekom dat die Nuwe Wêreld-vertaling oor die algemeen “een van die akkuraatste Engelse vertalings van die Nuwe Testament is wat tans beskikbaar is” en “die akkuraatste van die vertalings wat vergelyk is”.—Truth in Translation: Accuracy and Bias in English Translations of the New Testament.

BeDuhn het ook gemeld dat baie vertalers aan druk onderwerp is “om wat die Bybel sê, te parafraseer of daarop uit te brei sodat dit ooreenstem met wat moderne lesers wil hê dit moet sê”. Die Nuwe Wêreld-vertaling is egter anders, het BeDuhn gesê, omdat “die NW as ’n letterlike, konserwatiewe vertaling van die oorspronklike uitdrukkings van die Nieu-Testamentiese skrywers akkurater is”.

Soos die New World Bible Translation Committee in die voorwoord van die werkstuk erken, is dit “’n baie verantwoordelike werk” om die Heilige Skrif uit die oorspronklike tale in ’n moderne taal te vertaal. Die komitee sê verder: “Die vertalers van hierdie werk, wat die Goddelike Outeur van die Heilige Skrif vrees en liefhet, is bewus van ’n besondere verantwoordelikheid teenoor Hom om sy gedagtes en verklarings so akkuraat moontlik oor te dra.”

Sedert die Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif in 1961 in Engels verskyn het, is dit beskikbaar gestel in 32 tale plus twee brailleweergawes. Die Christelike Griekse Geskrifte van die Nuwe Wêreld-vertaling, of die “Nuwe Testament”, is beskikbaar in 18 bykomende tale plus een brailleweergawe. Ons nooi jou om God se Woord in hierdie moderne en “besonder goeie” vertaling te lees, moontlik in jou eie taal.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel