Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w04 12/15 bl. 32
  • ‘Bly oor my opleiding’

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ‘Bly oor my opleiding’
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2004
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2004
w04 12/15 bl. 32

‘Bly oor my opleiding’

JONG Kazoena was verstom toe haar onderwyser voorstel dat sy aan ’n Engelse mondelinge wedstryd moet deelneem. Al die hoërskole van Japan se groot noordelike eiland Hokkaido kon aan die wedstryd deelneem, maar haar skool het nog nooit tevore ’n leerling daarvoor ingeskryf nie. Op die dag van die wedstryd was Kazoena senuweeagtig, want sy moes met omtrent 50 ander leerlinge meeding. Sy het nog senuweeagtiger geword toe sy twee Engelssprekende beoordelaars sien.

Met die aankondiging van die wenners is daar begin met die wenner van die laagste prys. Toe Kazoena se naam uiteindelik uitgeroep is, was sy stomgeslaan. Sy en haar onderwyser, wat langs haar gesit het, het verbaas na mekaar gekyk. Kazoena was nog stom van verbasing toe sy na die verhoog gestap het om haar trofee te ontvang—vir die eerste prys!

“Dit was net moontlik danksy die opleiding wat Jehovah se organisasie deur middel van die Teokratiese Bedieningskool voorsien”, het ’n verheugde Kazoena gesê. “Ek is so bly dat ek hierdie opleiding ontvang het.” Hierdie skool, waaraan Kazoena al van kleins af deelneem, is een van die gemeentelike vergaderinge van Jehovah se Getuies. Ter voorbereiding vir die wedstryd het Kazoena spesiale aandag geskenk aan hoe om die mikrofoon te gebruik, met hartlikheid en entoesiasme te praat, gebare te gebruik, kontak met die gehoor te hê en ander onderwerpe wat in die Teokratiese Bedieningskool bespreek word.

Ons nooi jou om hierdie skool te kom waarneem, wat elke week by ’n plaaslike Koninkryksaal van Jehovah se Getuies gehou word. Sien self hoe jonk sowel as oud daarby baat vind. Die publiek is welkom om die vergadering by te woon. Tree asseblief in verbinding met Jehovah se Getuies in jou omgewing vir verdere inligting oor die skool naaste aan jou.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel