“Wat is jou geheim?”
HIERDIE vraag van ’n bejaarde vreemdeling by ’n kitskosrestaurant het Muriel, ’n moeder van drie, verras. Muriel het haar kinders dokter toe geneem. Daarna het hulle nie genoeg tyd gehad om vir aandete huis toe te gaan en nog betyds vir hulle Christelike vergadering te wees nie. Daarom het sy die kinders na ’n restaurant daar naby geneem sodat hulle iets kon eet.
Toe hulle amper klaar was, het ’n man na Muriel toe gekom en gesê: “Ek het julle dopgehou vandat julle hier ingekom het. En ek het ’n groot verskil gesien tussen jou kinders en dié wat normaalweg hierheen kom. Jy moet net sien wat kinders met die tafels en stoele doen. Hulle sit hulle voete op die tafel. Die stoele word rondgestamp. Maar jou kinders is so stil en goed gemanierd. Wat is jou geheim?”
Muriel het geantwoord: “Ek en my man studeer gereeld die Bybel met ons kinders, en ons probeer toepas wat ons leer. Ons is Jehovah se Getuies.” Toe die man dit hoor, het hy gesê: “Ek is ’n Jood en ’n oorlewende van die Slagting. Ek het gesien hoe Jehovah se Getuies in Duitsland vervolg is. Selfs toe was hulle opvallend anders. Jou kinders se gedrag het my werklik beïndruk. Ek moet julle geloof ondersoek.”
Die Bybel is ’n uitstekende gids vir die grootmaak van kinders. Jehovah se Getuies wil ander baie graag help om baat te vind by die leiding wat in die Skrif gevind word. Jy word hartlik uitgenooi om die volgende aanbod te aanvaar.