Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w05 2/15 bl. 32
  • Wie sal die wêreld van kos voorsien?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wie sal die wêreld van kos voorsien?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2005
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2005
w05 2/15 bl. 32

Wie sal die wêreld van kos voorsien?

VOLGENS skattings deur die Wêreldvoedselprogram, ’n agentskap van die Verenigde Nasies vir die bekamping van honger, is daar 800 miljoen mense—baie van hulle kinders—wat deur verhongering in die gesig gestaar word. Daardie agentskap het onlangs gesê dat al die hulpbronne en aandag wat talle ontwikkelde lande aan hierdie situasie kon bestee het, in beslag geneem is deur ander probleme, soos terrorisme. Die verspreiding van aansteeklike siektes het die probleem vererger. Die agentskap se Global School Feeding Report het van Afrikalande waar vigs hoogty vier, gesê: “’n Hele geslag ouers word uitgewis. Die kinders wat hulle agterlaat, moet dikwels vir hulleself sorg, en die meeste het nie die basiese kennis van boerdery en die lewensvaardighede wat gewoonlik van een geslag na die volgende oorgedra word nie.”

Die Wêreldvoedselprogram bevorder ’n inisiatief wat beoog om ten minste een maaltyd per dag by skole te voorsien. Die idee is nie net om honger te bekamp nie, maar ook om deur gereelde voorligting ander programme in werking te stel wat bedoel is om MIV/vigs onder jongmense te voorkom.

Waar hierdie inisiatief ingestel is, het kinders voedsel sowel as voorligting in persoonlike higiëne en ander hulp ontvang. Daar is ook opgemerk dat besmettingsyfers van MIV/vigs afneem waar mense hulle gedrag verander.

Ongelukkig help mensepogings dikwels net in ’n mate en bring dit nie ’n ommekeer in die situasie mee nie. Maar die Bybel maak ’n vertroostende belofte aangaande ’n permanente oplossing vir die probleem van verhongering. “Daar sal volop graan op die aarde wees”, sê Psalm 72:16. Onder God se Koninkryk sal mense aangaande Jehovah God kan sê: “U het u aandag op die aarde gerig, sodat u dit oorvloed kan gee . . . U berei hulle graan, want so berei u die aarde.”—Psalm 65:9.

[Foto-erkenning op bladsy 32]

WFP/Y. Yuge

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel