Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w05 4/15 bl. 8-9
  • ’n Getuienis word gegee in Masedonië

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ’n Getuienis word gegee in Masedonië
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2005
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2005
w05 4/15 bl. 8-9

’n Getuienis word gegee in Masedonië

“KOM oor na Masedonië en help ons” (Handelinge 16:9). Hierdie woorde van ’n man wat in ’n visioen aan die apostel Paulus verskyn het, het getoon dat die goeie nuus van God se Koninkryk in ’n nuwe gebied verkondig moes word, in stede wat nou in Griekeland is.

In die hedendaagse Masedonië is daar net 1 Getuie van Jehovah vir elke 1 840 inwoners. Baie mense het nog nooit van Jehovah God gehoor nie. Ja, dit is noodsaaklik dat meer mense in hierdie land die boodskap van vrede hoor.—Matteus 24:14.

God het die weg berei sodat iets gedoen kon word om in hierdie behoefte te help voorsien. In November 2003 het die kantoor van Jehovah se Getuies in Skopje, Masedonië, ’n onverwagse telefoonoproep ontvang. Dit was van die Masedoniese Sentrum vir Internasionale Samewerking, en hulle het die Getuies genooi om ’n stalletjie op te rig waar hulle hulle opvattings kon verduidelik by ’n drie dag lange tentoonstelling wat op 20 November sou begin. Wat ’n wonderlike geleentheid om duisende mense te bereik wat nog nooit die goeie nuus van die Koninkryk gehoor het nie!

Vrywilligers het gespook om ’n uitstalling van verskeie publikasies van Jehovah se Getuies in die Masedoniese taal reg te kry. Eksemplare van hierdie lektuur is vertoon sodat besoekers daarvan kon neem as hulle wou. Die uitstalling het baie die geleentheid gegee om verkwikkende geestelike water verniet te kry.—Openbaring 22:17.

Besoekers het veral belanggestel in publikasies wat op hulle lewe van toepassing was, soos Vrae wat jongmense vra—Antwoorde wat werk en Die geheim van gesinsgeluk.a Agt-en-negentig mense het hulle adresse ingegee en gevra dat Jehovah se Getuies hulle besoek. Baie het gunstige kommentare gelewer oor die goeie werk van Jehovah se Getuies en die gehalte van die lektuur.

’n Man het met sy seuntjie aan die hand na die stalletjie gekom. Die vader het gevra of daar lektuur vir kinders is. Die Getuies het hom die publikasie My boek met Bybelverhaleb gewys. Hy het daardeur geblaai en opgewonde gevra hoeveel dit kos. Toe hy hoor dat die opvoedkundige werk van Jehovah se Getuies ten volle deur vrywillige bydraes ondersteun word, was hy nog meer opgewonde (Matteus 10:8). Hy het die boek vir sy seun gewys en gesê: “Wat ’n mooi boek! Pappa sal elke dag vir jou ’n verhaal lees!”

’n Professor van filosofie het na die stalletjie gekom. Hy het baie belanggestel in godsdiens oor die algemeen, maar veral in die opvattings van Jehovah se Getuies. Die professor het deur die boek Die mensdom se soeke na Godc gekyk en gesê: “Die materiaal is baie logies uiteengesit! Presies soos ek my voorgestel het dat dit uiteengesit moet word.” Later het studente van sy universiteit na die stalletjie gekom en eksemplare gevra van die boek wat die professor geneem het. Hulle wou dieselfde boek bestudeer. Hulle het gemeen dat hy die materiaal in sy lesings sou gebruik.

Die uitstalling het party mense vir die eerste keer met skriftuurlike waarhede in aanraking gebring. ’n Groep dowe tieners het na die uitstalling kom kyk. Een van die Getuies het ’n kort bespreking met hulle gehou, met die hulp van ’n meisie wat dit in gebaretaal vertaal het. Hy het prente in die boek Die grootste mens wat nog geleef hetd gebruik en verduidelik dat Jesus die siekes genees het, wat dowes ingesluit het. Hulle was bly om die Bybel se belofte te “hoor” dat Jesus binnekort dieselfde sal doen vir mense wat in ons dag op die aarde lewe. ’n Hele paar van hulle het geredelik Bybellektuur geneem, en reëlings is getref dat ’n Getuie wat gebaretaal ken, hulle besoek.

Lektuur was nie net in Masedonies beskikbaar nie, maar ook in Albanees, Engels en Turks. ’n Man wat nie Masedonies kan praat nie, het vir lektuur in Engels gevra. Nadat hy eksemplare van die Wagtoring en Ontwaak! ontvang het, het hy genoem dat hy Turks praat. Toe hy lektuur in sy eie taal gewys is, kon hy skaars sy oë glo! Hy het gesien dat Jehovah se Getuies almal wil help.

Wat ’n goeie getuienis is by daardie geleentheid gegee, en hoe aanmoedigend was dit tog om te sien dat soveel mense in Bybelwaarheid belangstel! Ja, Jehovah het die weg berei sodat die goeie nuus van die Koninkryk verder in Masedonië verkondig kan word.

[Voetnote]

a Almal uitgegee deur Jehovah se Getuies.

b Almal uitgegee deur Jehovah se Getuies.

c Almal uitgegee deur Jehovah se Getuies.

d Almal uitgegee deur Jehovah se Getuies.

[Venster/Prente op bladsy 9]

’N MYLPAAL!

Pogings om die goeie nuus van God se Koninkryk te verkondig, het op 17 Mei 2003 ’n reusestap vorentoe geneem. ’n Kantoor van Jehovah se Getuies is in Skopje toegewy. Die bouwerk het twee jaar lank geduur, en die fasiliteite is nou vier keer groter as voorheen.

Daar is drie aparte geboue wat die administrasie- en vertaalkantore huisves, sowel as die woonkwartier, ’n kombuis en ’n wassery. Guy Pierce, ’n lid van die Bestuursliggaam van Jehovah se Getuies, het die toewydingstoespraak gehou. Besoekers uit tien lande het die toewydingsprogram bygewoon. Almal was verheug om die pragtige nuwe geboue te sien.

[Kaart op bladsy 8, 9]

(Sien publikasie vir oorspronklike teksuitleg)

BULGARYE

MASEDONIË

Skopje

ALBANIË

GRIEKELAND

[Prent op bladsy 8]

Skopje, Masedonië

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel