Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w05 8/15 bl. 30
  • “Hulle kon onmiddellik vrygelaat word”

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • “Hulle kon onmiddellik vrygelaat word”
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2005
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2005
w05 8/15 bl. 30

“Hulle kon onmiddellik vrygelaat word”

GENEVIÈVE DE GAULLE, broerskind van Charles de Gaulle, eertydse president van Frankryk, het Jehovah se Getuies persoonlik leer ken in die Nazi-konsentrasiekamp by Ravensbrück, Noord-Duitsland. Sy het die woorde hierbo in Augustus 1945 in ’n brief geskryf.

Die gevangenes in die konsentrasiekamp by Auschwitz, Pole, is op 27 Januarie 1945 bevry. Sedert 1996 is hierdie datum ’n gedenkdag in Duitsland vir slagoffers van Hitler se Derde Ryk.

Tydens ’n amptelike gedenktoespraak op 27 Januarie 2003 het Peter Straub, die president van die Staatsparlement van Baden-Württemberg, gesê: “Almal wat weens hulle godsdiens- of politieke oortuigings vervolg is en wat gewillig was om eerder te sterf as om hulle te onderwerp, verdien ons groot respek, die soort respek wat moeilik is om in woorde uit te druk. Jehovah se Getuies was die enigste godsdiens wat volstrek geweier het om aan die eise van die Hitlerregime te voldoen: Hulle het nie hulle hand gelig om die Hitlersaluut te gee nie. Hulle het geweier om aan ‘Führer en Staat’ trou te sweer, net soos hulle geweier het om militêre en arbeidsdiens te verrig. En hulle kinders het nie by die Hitlerjeugbeweging aangesluit nie.”

Jesus Christus het van sy volgelinge gesê: “Hulle is geen deel van die wêreld nie, net soos ek geen deel van die wêreld is nie” (Johannes 17:16). Die standpunt van Jehovah se Getuies was derhalwe uitsluitlik op godsdiensredes gegrond. Straub het verder gesê: “Jehovah se Getuies, wat as gevangenes in die konsentrasiekampe ’n pers driehoek op hulle klere moes dra, was die enigstes wat self hulle martelaarskap kon beëindig het. Hulle moes maar net ’n verklaring teken waarin hulle hulle geloof verloën.”

Vir die oorgrote meerderheid van die Getuies was dit ondenkbaar om hulle geloof te verloën. Ongeveer 1 200 van hulle het dus gedurende die Nazi-tydperk gesterf. Tweehonderd-en-sewentig is as gewetensbeswaardes tereggestel. Hulle het veel meer as net lippediens bewys aan die woorde: “Ons moet eerder aan God as heerser gehoorsaam wees as aan mense.”—Handelinge 5:29.

Jehovah se Getuies was nie buitengewone mense nie, soos Ulrich Schmidt, die president van die Staatsparlement van Noord-Ryn-Wesfale gesê het. Met verwysing na sy toespraak het die brosjure Landtag Intern gesê dat hulle “gewone mense was wat hulle gewete gevolg het en dus standvastig by hulle godsdiensopvattings gebly het, burgerlike moed getoon het en ideologiese teenkanting gebied het weens hulle Christelike oortuiging”. Ons kan daarvan seker wees dat Jehovah God hom verbly oor almal wat onder moeilike omstandighede aan hom lojaal bly. In Spreuke 27:11 lees ons: “Wees wys, my seun, en maak my hart bly, sodat ek hom wat my uittart, ’n antwoord kan gee.”

[Foto-erkenning op bladsy 30]

Courtesy of United States Holocaust Memorial Museum

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel