Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w05 9/1 bl. 32
  • ’n Vroeë Duitse Bybel gebruik God se naam

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ’n Vroeë Duitse Bybel gebruik God se naam
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2005
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2005
w05 9/1 bl. 32

’n Vroeë Duitse Bybel gebruik God se naam

GOD se persoonlike naam, Jehovah, kom duisende kere voor in die Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif, wat in 1971 in Duits uitgegee is.a Maar dit was nie die eerste Duitse Bybel wat die goddelike naam gebruik het nie. Dit wil voorkom asof die eerste Duitse Bybel waarin die naam Jehovah verskyn het, byna 500 jaar gelede uitgegee is deur Johann Eck, ’n prominente Rooms-Katolieke teoloog.

Johann Eck is in 1486 in die suide van Duitsland gebore. Teen die ouderdom van 24 was hy ’n professor in teologie aan die universiteit van Ingolstadt, ’n posisie wat hy tot sy dood in 1543 beklee het. Eck was ’n tydgenoot van Martin Luther, en die twee was ’n ruk lank vriende. Maar Luther het ’n leidende figuur in die Hervorming geword, terwyl Eck ’n verdediger van die Katolieke Kerk was.

Die hertog van Beiere het Eck gelas om die Bybel in Duits te vertaal, en die vertaling is in 1537 uitgegee. Volgens die Kirchliches Handlexikon het sy vertaling getrou by die oorspronklike teks gebly en “verdien dit meer erkenning as wat dit tot dusver ontvang het”. Eck se vertaling van Eksodus 6:3 lui: “Ek is die Here, wat aan Abram, Isak en Jakob as God die Almagtige verskyn het; en my naam Adonai het ek nie aan hulle geopenbaar nie.” Eck het ’n kanttekening by die vers aangebring: “Die naam Adonai Jehoua.” Baie Bybelgeleerdes meen dat dit die eerste keer was dat God se persoonlike naam in ’n Duitse Bybel gebruik is.

God se persoonlike naam is egter al duisende jare lank bekend en in gebruik. Die vroegste opgetekende gebruik daarvan is in die Hebreeuse taal, waarin “Jehovah” gebruik word om die enigste ware God te identifiseer (Deuteronomium 6:4). Jesus se verklaring dat hy God se naam bekend gemaak het, is byna 2 000 jaar gelede in Grieks opgeteken (Johannes 17:6). Sedertdien is die naam al in tallose tale gepubliseer, en binnekort sal alle mense, ter vervulling van Psalm 83:18, weet dat die een wie se naam Jehovah is, die Allerhoogste oor die hele aarde is.

[Voetnoot]

a Uitgegee deur Jehovah se Getuies, aanvanklik in Engels in 1961. Nou in sy geheel of gedeeltelik beskikbaar in meer as 50 tale.

[Prent op bladsy 32]

’n 1558-uitgawe van Eck se Bybel, met ’n kanttekening by Eksodus 6:3 oor die naam Jehovah

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel