Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w07 4/15 bl. 32
  • Adryana se wens

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Adryana se wens
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2007
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2007
w07 4/15 bl. 32

Adryana se wens

ADRYANA, ’n sesjarige dogtertjie in Tulsa, Oklahoma, VSA, het ’n wens gehad. Dit was soortgelyk aan dié van die psalmis Dawid, wat gesing het: “Een ding het ek van Jehovah gevra—dit sal ek soek: dat ek al die dae van my lewe in die huis van Jehovah mag woon, om die lieflikheid van Jehovah te sien en sy tempel met waardering te aanskou.”—Psalm 27:4.

Toe Adryana net ses maande oud was, is sy gediagnoseer met neuroblastoom, ’n kwaadaardige gewas wat in dele van die senustelsel groei. Die lewensgevaarlike siekte het albei haar bene verlam. In ’n poging om haar toestand te behandel, het dokters talle operasies op haar uitgevoer en haar chemoterapie gegee wat ’n jaar geduur het.

Adryana se pa, wat nie dieselfde godsdiensoortuigings as Adryana en haar ma het nie, het ’n sekere vereniging genader met die versoek dat sy dogter ’n wêreldbekende pretpark besoek. Voordat die wens toegestaan is, het die vereniging ’n onderhoud met Adryana gevoer. Sy het hulle bedank omdat hulle haar oorweeg, maar vir hulle gesê dat sy eerder Bethel, die sentrum van die wêreldwye werk van Jehovah se Getuies in New York, wil besoek. Nadat Adryana van haar pa se versoek gehoor het, het sy tot Jehovah gebid vir die geleentheid om Bethel te besoek. Hoewel die vereniging aanvanklik daaroor besorg was dat Bethel dalk nie interessant genoeg vir ’n kind sou wees nie, het hulle die wens toegestaan toe haar pa nie enige beswaar daarteen gehad het nie.

Vergesel deur haar ma, haar suster en ’n vriendin, het Adryana na New York gereis om Bethel vir die eerste keer te besoek. “Jehovah het my gebed verhoor”, het Adryana gesê. “Ek het geweet dat hy dit vir ons moontlik sou maak om Bethel toe te gaan. Ek het gesien hoe die boeke, tydskrifte en Bybels gedruk word. Dit was beter as ’n pretpark.”

Adryana het ‘die lieflikheid van Jehovah gesien’ en die bedrywighede by die sentrum van die werk van Jehovah se hedendaagse volk met waardering aanskou. Jy is ook welkom om Bethel te besoek. Benewens die wêreldhoofkwartier van Jehovah se Getuies in New York is daar takkantore in verskillende ander dele van die wêreld.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel