Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w07 7/15 bl. 32
  • “’n Getroue getuie in die hemelruim”

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • “’n Getroue getuie in die hemelruim”
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2007
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2007
w07 7/15 bl. 32

“’n Getroue getuie in die hemelruim”

DIGTERS en liedjieskrywers besing al lank die prag van die maan. Byvoorbeeld, ’n goddelik geïnspireerde lied praat van ’n vrou wat so “pragtig soos die volmaan” is (Hooglied 6:10). En ’n psalmis noem die maan in digterlike taal “’n getroue getuie in die hemelruim” (Psalm 89:37). Watter betekenis het hierdie woorde aangaande die maan?

Die maan voltooi sy omwenteling om die aarde elke 27,3 dae sonder uitsondering. Die maan se getrouheid kan dus na sy betroubaarheid verwys. Maar die psalmis kon ’n dieper betekenis in gedagte gehad het. Hy het die maan “’n getroue getuie” genoem in ’n profetiese lied oor die Koninkryk waarvoor Jesus sy volgelinge geleer het om te bid.—Matteus 6:9, 10.

Meer as 3 000 jaar gelede het Jehovah God ’n Koninkryksverbond met koning Dawid van eertydse Israel gesluit (2 Samuel 7:12-16). Die doel van daardie verbond was om ’n wetlike grondslag te voorsien vir Jesus Christus, as Dawid se erfgenaam, om die troon vir ewig te besit (Jesaja 9:7; Lukas 1:32, 33). Die psalmis het na die troon van Dawid se “saad” verwys en gesing: “Soos die maan sal dit tot onbepaalde tyd stewig gevestig wees, en soos ’n getroue getuie in die hemelruim.”—Psalm 89:36, 37.

Die ‘lig wat oor die nag heers’—die maan—is ’n gepaste herinnering aan die bestendigheid van Christus se heerskappy (Genesis 1:16). Aangaande sy Koninkryk sê Daniël 7:14: “Sy heerskappy is ’n heerskappy van onbepaalde duur wat nie sal verbygaan nie, en sy koninkryk een wat nie vernietig sal word nie.” Die maan is ’n getuie wat ons herinner aan daardie Koninkryk en die seëninge wat dit vir die mensdom sal meebring.

[Foto-erkenning op bladsy 32]

Maan: NASA photo

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel