Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w07 10/15 bl. 32
  • “Ek het sy ongelooflike vasbeslotenheid bewonder”

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • “Ek het sy ongelooflike vasbeslotenheid bewonder”
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2007
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2007
w07 10/15 bl. 32

“Ek het sy ongelooflike vasbeslotenheid bewonder”

GÜNTER GRASS, die Duitse skrywer en wenner van die Nobelprys vir Letterkunde in 1999, het in 2006 sy outobiografie gepubliseer. Daarin beskryf hy die tyd toe hy opgeroep is vir diens in die Duitse burgermag. In dieselfde boek vertel hy van ’n man wat so ’n groot indruk op hom gemaak het dat dit hom meer as 60 jaar lank bygebly het. Hy was ’n eensame figuur wat tydens vervolging vasgestaan het in sy geloof.

In ’n onderhoud wat in die dagblad Frankfurter Allgemeine Zeitung gepubliseer is, het Grass vertel van hierdie uitsonderlike man, wat geweier het om wapens op te neem. Grass het gesê dat die man “geeneen van die heersende ideologieë ondersteun het nie; hy was nie ’n Nazi, ’n Kommunis of ’n Sosialis nie. Hy was een van Jehovah se Getuies.” Grass kon nie onthou wat die naam van die Getuie was nie, wat hy die bynaam Ons-doen-nie-sulke-dinge-nie gegee het. Navorsers van Jehovah se Getuies het die man as Joachim Alfermann geïdentifiseer. Hy is herhaaldelik geslaan en verneder, en daarna is hy in alleenopsluiting geplaas. Maar Alfermann het standvastig gebly en geweier om wapens op te neem.

“Ek het sy ongelooflike vasbeslotenheid bewonder”, het Grass gesê. “Ek het my afgevra: Hoe kan hy dit alles verdra? Hoe kry hy dit reg?” Nadat hy volhard het ondanks volgehoue pogings om sy onkreukbaarheid teenoor God te ondermyn, is Alfermann uiteindelik in Februarie 1944 na die Stutthof-konsentrasiekamp gestuur. Hy is in April 1945 vrygelaat, het die oorlog oorleef en tot sy dood in 1998 ’n lojale Getuie van Jehovah gebly.

Alfermann was een van sowat 13 400 Getuies—in Duitsland en in lande wat deur die Nazi’s beset is—wat wreed vervolg is weens hulle geloof. Hulle het Bybelse riglyne gevolg deur polities neutraal te bly en te weier om wapens op te neem (Matteus 26:52; Johannes 18:36). Ongeveer 4 200 Getuies is in konsentrasiekampe opgesluit, en 1 490 het hulle lewe verloor. Tot vandag toe word baie wat nie dieselfde oortuigings as hulle het nie, maar wat hulle standvastigheid bewonder, beïndruk deur die standpunt wat hulle ingeneem het.

[Prent op bladsy 32]

Joachim Alfermann

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel