Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w08 4/1 bl. 9
  • Iemand wat ons waarde raaksien

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Iemand wat ons waarde raaksien
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2008
  • Soortgelyke materiaal
  • Jy is waardevol in God se oë!
    Ontwaak!—1999
  • Die mossie—Vriend of vyand?
    Ontwaak!—1991
  • Jehovah het “selfs die hare op julle kop” getel
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2005
  • Niks kan ons “skei van God se liefde” nie
    Kom nader aan Jehovah
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2008
w08 4/1 bl. 9

Kom nader aan God

Iemand wat ons waarde raaksien

Lukas 12:6, 7

‘ONS hart veroordeel ons.’ Met hierdie woorde erken die Bybel dat ons hart soms kan veroorsaak dat ons te krities is oor onsself. Ja, dit kan volhou dat ons God se liefde en sorg nie waardig is nie. Maar die Bybel verseker ons: “God is groter as ons hart en weet alles” (1 Johannes 3:19, 20). God ken ons beter as wat ons onsself ken. Sy beskouing van ons kan baie anders wees as hoe ons onsself beskou. Wat is ons dan werd in die oë van die een wat werklik saak maak—Jehovah God? Die antwoord kan gevind word in ’n aangrypende illustrasie wat Jesus by twee verskillende geleenthede gebruik het.

By een geleentheid het Jesus gesê dat “twee mossies . . . vir ’n muntstuk van geringe waarde verkoop” word (Matteus 10:29, 31). Volgens Lukas 12:6, 7 het Jesus ook gesê: “Vyf mossies word vir twee muntstukke van geringe waarde verkoop, nie waar nie? Tog word nie een van hulle voor God vergeet nie. . . . Moenie vrees nie; julle is meer werd as baie mossies.” Hierdie eenvoudige maar kragtige illustrasie leer ons hoe Jehovah elkeen van sy aanbidders beskou.

Mossies was van die goedkoopste voëls wat vir voedsel gebruik is. Jesus het ongetwyfeld gesien hoe arm vroue—dalk selfs sy eie moeder—hierdie klein voëltjies op die markplein koop as kos vir hulle gesin. Vir een assarion, ’n muntstuk wat minder werd was as 35 sent vandag, kon iemand twee mossies koop. Hierdie voëltjies was so goedkoop dat die koper vir twee muntstukke nie vier nie, maar vyf mossies gekry het—’n ekstra een is gratis bygevoeg.

Jesus het verduidelik dat nie ’n enkele mossie “voor God vergeet” word of sonder die Vader se wete “op die grond val” nie (Matteus 10:29). Jehovah sien elke keer wanneer ’n mossie op die grond val omdat hy beseer is of op die grond na kos soek. Die skynbaar onbeduidende voëltjies wat nie te klein was vir Jehovah om te skep nie, is ook nie te klein vir hom om te onthou nie. Trouens, hy heg waarde aan hulle, want hulle is kosbare lewende wesens. Snap jy die punt van Jesus se illustrasie?

Jesus het in sy onderrigting dikwels teenstellings gebruik en sy redenasie van die kleinere tot die grotere gevoer. Jesus het byvoorbeeld ook gesê: “Rawe [saai] nie saad . . . of oes nie, en hulle het geen pakhuis of voorraadskuur nie, en tog voed God hulle. Hoeveel meer is julle tog werd as voëls?” (Lukas 12:24). Nou word die punt van Jesus se woorde oor die mossies duidelik: As Jehovah vir hierdie klein voëltjies sorg, hoeveel te meer sal hy vir mense sorg wat hom liefhet en aanbid!

In die lig van Jesus se woorde hoef ons nie te voel dat ons so onwaardig is dat die God wat “groter as ons hart” is, ons nie sal raaksien en nie vir ons sal sorg nie. Is dit nie vertroostend om te weet dat ons Skepper moontlik iets in ons sien wat ons nie in onsself kan sien nie?

[Foto-erkenning op bladsy 9]

Mossies: © ARCO/D. Usher/age fotostock

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel