Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w08 8/1 bl. 24-25
  • Samuel het bly doen wat reg is

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Samuel het bly doen wat reg is
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2008
  • Soortgelyke materiaal
  • Samuel het aangehou om te doen wat reg is
    Leer jou kinders
  • ’n Seuntjie dien God
    My boek met Bybelverhale
  • Hy “het grootgeword by Jehovah”
    Volg hulle geloof na
  • Hy “het grootgeword by Jehovah”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2010
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2008
w08 8/1 bl. 24-25

Leer jou kinders

Samuel het bly doen wat reg is

SIEN jy ooit hoe ander slegte dinge doen?—a Samuel het. Hy het gewoon waar jy nie sulke dinge sou verwag nie. Dit was by God se tabernakel, of plek van aanbidding, in die stad Silo. Kom ons kyk hoe die tabernakel meer as 3 000 jaar gelede Samuel se tuiste geword het.

Voordat Samuel gebore is, wou sy moeder, Hanna, baie graag ’n baba gehad het. Gedurende ’n besoek aan die tabernakel het Hanna tot God daaroor gebid. Sy het so vurig gebid dat haar lippe gebewe het. Dit het die hoëpriester, Eli, laat dink dat sy dronk is. Maar toe Eli uitvind dat sy eintlik net baie ontsteld is, het hy haar geseën en gesê: “Mag die God van Israel jou versoek toestaan.”—1 Samuel 1:17.

Later is Samuel gebore, en Hanna was so gelukkig dat sy vir haar man, Elkana, gesê het: ‘Sodra ek Samuel nie meer borsvoed nie, sal ek hom na die tabernakel neem sodat hy God daar kan dien.’ En dit is wat sy gedoen het! Teen dié tyd was Samuel moontlik vier of vyf jaar oud.

Eli was toe al oud, en sy seuns, Hofni en Pinehas, het Jehovah nie op die regte manier aanbid nie. Hulle het selfs onsedelike gemeenskap gehad met vroue wat die tabernakel besoek het! Wat dink jy moes hulle pa gedoen het?— Ja, hy moes hulle gedissiplineer het en hulle nie toegelaat het om daardie slegte dinge te doen nie.

Jong Samuel het daar grootgeword en het heel moontlik geweet van die slegte gedrag van Eli se seuns. Het Samuel hulle slegte voorbeeld gevolg?— Nee, hy het bly doen wat reg is, net soos sy ouers hom geleer het om te doen. Maar dit is geen wonder dat Jehovah kwaad was vir Eli nie. Hy het selfs ’n profeet gestuur om vir Eli te vertel hoe Hy sy gesin sou straf, veral sy slegte seuns.—1 Samuel 2:22-36.

Samuel het aangehou om saam met Eli by die tabernakel te dien. Toe, een nag terwyl Samuel geslaap het, het ’n stem sy naam geroep. Samuel het dus na Eli gehardloop, maar Eli het gesê dat hy hom nie geroep het nie. Dieselfde ding het weer gebeur. Wel, nadat dit ’n derde keer gebeur het, het Eli vir Samuel gesê om te antwoord: “Spreek, Jehovah, want u kneg luister.” Toe Samuel dit sê, het Jehovah met hom gepraat. Weet jy wat Jehovah vir Samuel gesê het?—

God het sy voorneme herhaal om Eli se gesin te straf. Die volgende oggend was Samuel bang om vir Eli te vertel wat Jehovah gesê het. Maar Eli het Samuel gesmeek: “Moet dit asseblief nie vir my wegsteek nie.” Uiteindelik het Samuel dus vir Eli alles vertel wat Jehovah gesê het Hy sou doen—net soos Sy profeet vroeër vir Eli vertel het. Eli het geantwoord: “Laat [Jehovah] doen wat goed is in sy oë.” Op die ou end is Hofni en Pinehas doodgemaak, en Eli het ook gesterf.—1 Samuel 3:1-18.

Intussen het “Samuel . . . grootgeword, en Jehovah was met hom”. Teen dié tyd was Samuel waarskynlik ’n tiener, ’n belangrike tyd in die lewe van ’n jong persoon. Dink jy dat dit vir Samuel maklik was om te bly doen wat reg is al het ander dit nie gedoen nie?— Hoewel dit nie maklik was nie, het Samuel Jehovah vir die res van sy lewe getrou gedien.—1 Samuel 3:19-21.

Wat van jou? Sal jy soos Samuel wees terwyl jy grootword? Sal jy bly doen wat reg is? Sal jy bly by die leringe van die Bybel en die dinge wat jou ouers jou leer? As jy dit doen, sal jy Jehovah en jou ouers gelukkig maak.

a As jy saam met kinders lees, dien die aandagstreep as ’n herinnering om te pouseer en hulle die vraag te vra.

Vrae:

  • Wat het daartoe gelei dat Samuel by Jehovah se tabernakel begin dien het?

  • Met watter uitdagings het Samuel daar te kampe gehad?

  • Watter voorbeeld het Samuel vir jongmense gestel?

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel