Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w09 7/1 bl. 4-5
  • 1. Vra die Outeur vir hulp

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • 1. Vra die Outeur vir hulp
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2009
  • Soortgelyke materiaal
  • Jehovah se gawe van die heilige gees
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1992
  • Wat is die heilige gees?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2009
  • Wandel deur gees en leef jou toewyding na
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2010
  • Gelei deur God se gees in die eerste eeu en vandag
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2011
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2009
w09 7/1 bl. 4-5

Hoe jy die Bybel kan verstaan

1. Vra die Outeur vir hulp

“Daar was ’n tyd toe ek die Bybel gelees het voordat ek gaan slaap het”, vertel Ninfa, wat in Italië woon. “Ek het dit gedoen omdat ek besef het dat dit God se Woord is, en al het ek nie van lees gehou nie, wou ek weet wat God in die Bybel laat opteken het. Ek het my voorgeneem om dit van voor tot agter te lees. Aan die begin was dit maklik, maar toe ek by dele kom wat vir my moeilik was, het ek opgehou lees.”

KAN jy jou met Ninfa vereenselwig? Baie mense kan. Maar soos ons in die vorige artikel gesien het, wil die Outeur van die Bybel, Jehovah God, hê dat jy sy Woord moet verstaan. Hoe kan jy sulke begrip verkry? ’n Eerste stap is om die Outeur vir hulp te vra.

Jesus se apostels is as “ongeleerde en gewone mense” beskou omdat hulle nie godsdiensopleiding by rabbynse skole ontvang het nie (Handelinge 4:13). Nietemin het Jesus hulle verseker dat hulle God se Woord kan verstaan. Hoe? Jesus het verduidelik: “Die helper, die heilige gees, wat die Vader in my naam sal stuur, dié sal julle alles leer” (Johannes 14:26). God het hierdie heilige gees, of werkende krag, gebruik om die aarde en lewe daarop te skep (Genesis 1:2). Hy het dit ook gebruik om ongeveer 40 skrywers te inspireer om sy gedagtes in die Bybel op te teken (2 Petrus 1:20, 21). Hierdie selfde gees is beskikbaar om diegene te help wat die Bybel wil verstaan.

Hoe kan jy God se heilige gees ontvang? Jy moet in geloof daarvoor vra. Trouens, jy sal dalk moet aanhou vra. “Hou aan vra, en vir julle sal gegee word”, het Jesus gesê. “As julle . . . weet hoe om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal die Vader in die hemel heilige gees gee aan dié wat hom vra!” (Lukas 11:9, 13). Jehovah sal heilige gees mildelik gee aan dié wat opreg daarvoor vra. Hierdie werkende krag kan jou help om die betekenis van die geïnspireerde woorde wat duisende jare gelede in die Bybel opgeteken is, te begryp. God se gees kan jou ook die nodige wysheid gee om die Bybel se kragtige boodskap in jou lewe toe te pas.—Hebreërs 4:12; Jakobus 1:5, 6.

Elke keer as jy gaan sit om die Bybel te lees, moet jy tot God bid en hom vra vir sy heilige gees sodat jy sy Woord kan verstaan.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel