Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w11 5/1 bl. 9
  • Profesie 6. ’n Wêreldwye predikingswerk

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Profesie 6. ’n Wêreldwye predikingswerk
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2011
  • Soortgelyke materiaal
  • “Gaan . . . en maak dissipels van mense van al die nasies”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe)—2016
  • Wie verkondig die goeie nuus?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2011
  • Hoe word die goeie nuus bekend gemaak?
    Geniet die lewe vir ewig! – Bybellesse wat jou kan help
  • Waarom preek Jehovah se Getuies van huis tot huis?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2012
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2011
w11 5/1 bl. 9

Profesie 6. ’n Wêreldwye predikingswerk

“Hierdie goeie nuus van die koninkryk sal in die hele bewoonde aarde verkondig word.”—MATTEUS 24:14.

● Vaiatea woon op ’n afgeleë Pasifiese eiland in die Tuamotu-eilandgroep. Hoewel Tuamotu uit byna 80 ringeilande bestaan wat oor ’n gebied van meer as 802 900 vierkante kilometer versprei is, het dit ’n bevolking van slegs ongeveer 16 000 bewoners. En tog is Vaiatea en haar bure al deur Jehovah se Getuies besoek. Waarom? Omdat die Getuies vir almal oor die goeie nuus van God se Koninkryk wil vertel—ongeag waar hulle woon.

WAT TOON DIE FEITE? Die Koninkryksboodskap bereik elke uithoek van die aarde. In 2010 alleen het Jehovah se Getuies meer as 1,6 miljard uur daaraan bestee om hierdie goeie nuus in 236 lande te verkondig. Dit beteken dat elke Getuie as ’t ware elke dag gemiddeld 30 minute in die predikingswerk deurgebring het. Oor die afgelope dekade het hulle meer as 20 miljard stukke Bybellektuur gedruk en versprei.

WAT IS ’N ALGEMENE BESWAAR? Die Bybel se boodskap word al duisende jare lank verkondig.

IS DIT ’N GELDIGE BESWAAR? Baie het weliswaar al iets omtrent die Bybel se boodskap verkondig. Maar die meeste het dit vir slegs ’n kort tyd en op ’n beperkte skaal gedoen. In teenstelling hiermee voer Jehovah se Getuies ’n georganiseerde, wêreldwye predikingskampanje wat honderdmiljoene mense bereik. Die Getuies het met hulle predikingswerk volgehou ondanks kwaai teenstand deur party van die magtigste en genadeloosste organisasies in die mensegeskiedenis (Markus 13:13).a Daarbenewens word Jehovah se Getuies nie betaal om te preek nie. Hulle gee eerder vrywillig van hulle tyd en bied hulle lektuur kosteloos aan. Hulle werk word geheel en al deur vrywillige bydraes ondersteun.

WAT DINK JY? Word die “goeie nuus van die koninkryk” wêreldwyd verkondig? Kan die vervulling van hierdie profesie beteken dat iets beters op hande is?

[Voetnoot]

a Vir meer inligting, sien die drie dokumentêre video’s “Faithful Under Trials”, “Purple Triangles” en “Jehovah’s Witnesses Stand Firm Against Nazi Assault”, wat deur Jehovah se Getuies versprei word.

[Lokteks op bladsy 9]

“Solank Jehovah dit toelaat, sal ons aanhou om die goeie nuus van die Koninkryk ywerig te verkondig deur elke moontlike manier te gebruik om die mense in ons gebied te bereik.”—JAARBOEK VAN JEHOVAH SE GETUIES VIR 2010.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel