Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w14 10/1 bl. 8-9
  • God se Koninkryk—Wat sal dit vir jou beteken?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • God se Koninkryk—Wat sal dit vir jou beteken?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2014
  • Soortgelyke materiaal
  • God se Koninkryk—Wat dit vir Jesus beteken
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2014
  • Antwoorde op Bybelvrae
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2014
  • God se Koninkryk
    Ontwaak!—2013
  • Ondersteun God se Koninkryk nou!
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Publieke uitgawe) – 2020
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2014
w14 10/1 bl. 8-9
’n Egpaar leer deur middel van ’n Bybelstudie oor God se Koninkryk

VOORBLADONDERWERP | GOD SE KONINKRYK—WAT KAN DIT VIR JOU BETEKEN?

God se Koninkryk—Wat sal dit vir jou beteken?

Jy het waarskynlik uit die vorige artikels afgelei dat God se Koninkryk baie vir Jehovah se Getuies beteken. En miskien het party van die toekomstige seëninge van God se Koninkryk wat bespreek is, jou belangstelling gewek. Terselfdertyd wonder jy dalk of hierdie beloftes te goed is om te glo.

Dit is verstandig van jou om eerder versigtig te wees as om alles te glo wat jy hoor (Spreuke 14:15). In party opsigte kan jou versigtigheid vergelyk word met dié van die eertydse Bereane.a Toe die Bereane vir die eerste keer van die goeie nuus van die Koninkryk vertel is, het hulle aanvaar wat hulle gehoor het, maar nie bloot omdat hulle wou hê dat dit waar moet wees nie. Hulle het eerder die Skrif sorgvuldig ondersoek om vas te stel “of hierdie dinge so was” (Handelinge 17:11). Met ander woorde, die Bereane het die goeie nuus wat hulle gehoor het, vergelyk met wat die Skrif sê. Ná verloop van tyd was hulle oortuig dat die goeie nuus werklik stewig op God se Woord gegrond is.

Jehovah se Getuies nooi jou hartlik om dieselfde te doen. Ons gratis Bybelstudieprogram bied jou die geleentheid om Jehovah se Getuies se opvattings omtrent God se Koninkryk te vergelyk met wat die Bybel leer.

Jou studie van die Bybel sal jou nie net help om oor God se Koninkryk te leer nie, maar ook om die antwoorde te vind op party van die belangrikste vrae in die lewe.

  • Waar het ons vandaan gekom?

  • Wat is die doel van die lewe?

  • Waarom laat God lyding toe?

  • Wat gebeur wanneer ons sterf?

  • Sal die aarde vernietig word?

  • Wat is die sleutel tot ’n gelukkige gesinslewe?

’n Studie van die Bybel sal jou bowenal help om “nader aan God [te kom]” (Jakobus 4:8). En hoe nader jy aan God kom, hoe meer sal jy sien dat God se Koninkryk vir jou goeie dinge kan beteken—nie net nou nie, maar vir ewig. Jesus self het in gebed vir sy Vader gesê: “Dít beteken die ewige lewe, dat hulle kennis inneem van u, die enigste ware God, en van die een wat u uitgestuur het, Jesus Christus.”—Johannes 17:3.

Jehovah se Getuies kan hierdie publikasie gebruik om die Bybel met jou te studeer.

As jy ’n gratis persoonlike Bybelstudie wil hê, kan jy enige van Jehovah se Getuies vra of die vorm op www.pr2711.com/af invul. (Sien VRA ’N GRATIS BYBELSTUDIE AAN op die tuisblad)

a Berea was ’n stad in eertydse Masedonië.

Wat God se Koninkryk vir haar beteken

Folake

’n Tienjarige dogter met die naam Folake moes onlangs by die skool ’n opstel skryf oor die onderwerp “Waarvan ek die meeste in die wêreld hou”. Folake het besluit om te skryf oor waarom sy daarvan hou om ander van God se Koninkryk te vertel.

“God se Koninkryk is ’n werklike regering”, het Folake verduidelik. “Maar dit is onsigbaar, en daarom kan jy dit nie sien nie—al dra jy ook ’n bril!”

Folake het toe geskryf oor seëninge van die Koninkryk waarna sy veral uitsien. Sy het party van die probleme genoem wat die Koninkryk sal oplos en het geskryf: “Dit maak my hartseer wanneer ek mense sien wat op straat bly” sowel as “kinders wat oral in die wêreld van die honger doodgaan”. Sy het bygevoeg: “Wanneer ek Jesaja 65:21 lees, maak dit my bly.” Hierdie vers belowe omtrent mense wat onder die heerskappy van God se Koninkryk sal lewe: “Hulle sal beslis huise bou en dit bewoon; en hulle sal beslis wingerde plant en die vrug daarvan eet.”

Folake het gesê dat sy ook uitsien na die tyd wanneer God, deur middel van sy Koninkryk, alle siekte uit die weg sal ruim. Sy het Openbaring 21:4 in haar opstel aangehaal, wat sê: “[God] sal elke traan van hulle oë afvee, en die dood sal daar nie meer wees nie, en ook verdriet en angsgeroep en pyn sal daar nie meer wees nie.” Sy het afgesluit deur te sê dat daar niks in die wêreld is waarvan sy meer hou as om oor Jehovah en sy Koninkryk te praat nie. Dit is duidelik dat God se Koninkryk ’n spesiale plek in die hart van hierdie dogter het!

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel