Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w15 12/1 bl. 11
  • Het jy geweet?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Het jy geweet?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2015
  • Soortgelyke materiaal
  • Jerusalem—“die stad van die groot Koning”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1998
  • Argeologie—Is dit noodsaaklik vir geloof?
    Ontwaak!—2002
  • Aardse Jerusalem in teenstelling met hemelse Jerusalem
    Wêreldwye veiligheid onder die “Vredevors”
  • Die Christelike godsdiens versprei onder eerste-eeuse Jode
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2005
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2015
w15 12/1 bl. 11

HET JY GEWEET?

Het Jode werklik op Pinkster 33 “uit elke nasie van dié onder die hemel” na Jerusalem gekom?

Mense gesels in ’n besige straat in Jerusalem op Pinkster 33 HJ

’n Besige straat in Jerusalem, op Pinkster 33 HJ

Behalwe die Bybelverslag in Handelinge 2:5-11 het ons ’n verslag wat geskryf is deur die Joodse skrywer Filo, wat destyds gelewe het. Daarin beskryf hy die mense wat op Pinkster 33 na Jerusalem gekom het.

Filo het oor mense wat na Jerusalem gereis het, geskryf: “Ontelbare menigtes kom vir elke fees uit tallose stede, party oor land, ander per boot, van oos en wes en noord en suid.” Hy het ook uit ’n brief aangehaal wat gestuur is aan die Romeinse keiser Kaligula deur Agrippa I, die kleinseun van Herodes die Grote. Daarin het Agrippa die volgende oor Jerusalem gesê: “Die Heilige Stad . . . is nie net die hoofstad van die land Judea nie, maar ook van die meeste ander lande omdat [Joodse] kolonies van tyd tot tyd in die buurlande ontstaan het.”

Agrippa het ook gebiede gemeld waar daar Joodse kolonies was, insluitende verafgeleë plekke in Mesopotamië, Noord-Afrika, Klein-Asië, Griekeland en eilande in die Middellandse See. Die geleerde Joachim Jeremias het gesê: “Hoewel hierdie lys nie spesifiek van reise na Jerusalem melding maak nie, is die idee geïmpliseer, aangesien dit vir alle volwasse Joodse mans verpligtend was om soontoe te reis.”​—Deuteronomium 16:16.

Waar het die duisende mense gebly wat vir die Joodse feeste na Jerusalem gekom het?

Oorblyfsels van ’n rituele bad in Jerusalem

Oorblyfsels van ’n rituele bad wat in Jerusalem gevind is

Drie feeste is elke jaar in Jerusalem gehou​—die Pasga, die Pinksterfees en die Huttefees. In die eerste eeu het honderdduisende mense van regoor Israel en alle ander lande waar Jode gewoon het, vir sulke geleenthede na Jerusalem gereis (Lukas 2:41, 42; Handelinge 2:1, 5-11). Al hierdie mense moes iewers bly.

Party het by vriende gebly; ander het by herberge of losieshuise gebly. Baie het in tente binne of rondom die stadsmure gekamp. Gedurende sy laaste besoek aan Jerusalem het Jesus in die nabygeleë stad Betanië gebly.​—Matteus 21:17.

’n Aantal geboue waarin daar baie baddens is, is naby die tempel gevind. Daar word gedink dat hierdie geboue losieshuise was waar reisigers kon bly en hulle kon was voordat hulle na die tempel gegaan het. ’n Inskripsie wat in een van hierdie geboue gevind is, maak melding van Theodotus, ’n priester en leier in die plaaslike sinagoge. Dit sê dat hy “die sinagoge gebou het sodat die Tora gelees kon word en . . . die losieshuis, die kamers en die wateraanleg [gebou het] vir vreemdelinge wat ’n blyplek nodig gehad het”.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel