Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • wp16 nr. 3 bl. 8
  • Die dooies sal weer lewe!

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die dooies sal weer lewe!
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Publieke uitgawe)—2016
  • Soortgelyke materiaal
  • “Hoop op Jehovah”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2022
  • Wanneer bejaardes weer jonk sal wees
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2011
  • Bybelboek nommer 18—Job
    “Die hele Skrif is deur God geïnspireer en is nuttig”
  • ‘Ek sal my onkreukbaarheid nie prysgee nie!’
    Volg hulle geloof na
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Publieke uitgawe)—2016
wp16 nr. 3 bl. 8

VOORBLADONDERWERP | WANNEER ’N GELIEFDE STERF

Die dooies sal weer lewe!

Jy onthou dalk dat Gail, wat vroeër in hierdie reeks genoem is, twyfel of sy ooit die dood van haar man, Rob, heeltemal sal verwerk. Maar sy sien daarna uit om hom weer in God se beloofde nuwe wêreld te sien. “My gunstelingteks”, sê sy, “is Openbaring 21:3, 4.” Dit sê: “God self sal by hulle wees. En hy sal elke traan van hulle oë afvee, en die dood sal daar nie meer wees nie, en ook verdriet en angsgeroep en pyn sal daar nie meer wees nie. Die vorige dinge het verbygegaan.”

Gail sê: “Dit is ’n wonderlike belofte. Ek voel baie jammer vir mense wat ’n geliefde aan die dood afgestaan het en nie bewus is van die hoop om hulle geliefde weer te sien nie.” Gail tree in ooreenstemming met haar oortuigings op deur vrywillige werk as ’n voltydse prediker te doen en ander mense te vertel van God se belofte van ’n toekoms waar ‘die dood nie meer sal wees nie’.

Die man Job met swere op sy liggaam

Job het die vertroue gehad dat hy weer sal lewe

‘Dis ongelooflik!’ sê jy miskien. Maar dink aan die voorbeeld van ’n man met die naam Job. Hy was baie siek (Job 2:7). Al het Job gewens dat hy dood was, het hy nogtans geloof gehad in God se krag om hom op te wek sodat hy weer op die aarde kan lewe. Hy het vol vertroue gesê: “Ag, as u my maar in Sjeool [dit wil sê “die Graf”] wou verberg . . . U sal roep, en ek sal u antwoord. Na die werk van u hande sal u vurig verlang” (Job 14:13, 15). Job het die vertroue gehad dat God na hom sal verlang en hom weer die lewe sal gee.

Dit is presies wat God binnekort sal doen—vir Job en baie ander—wanneer hierdie aarde in ’n paradys omskep word (Lukas 23:42, 43). Die Bybel bevestig in Handelinge 24:15 dat “daar ’n opstanding . . . sal wees”. En Jesus verseker ons: “Moet julle nie hieroor verwonder nie, want die uur kom waarin almal wat in die gedenkgrafte is, sy stem sal hoor en sal uitkom” (Johannes 5:28, 29). Job sal sien hoe hierdie belofte vervul word. Hy sal die vooruitsig hê om “sy jeugdige krag” terug te kry, en sy vlees sal vir ewig “frisser [wees] as in die jeug” (Job 33:24, 25). Almal wat met waardering reageer op God se barmhartige voorsiening van ’n opstanding tot lewe op die aarde, sal dit ook ervaar.

As jy ’n geliefde aan die dood afgestaan het, sal die inligting wat ons bespreek het, moontlik nie jou droefheid heeltemal wegneem nie. Maar as jy oor God se beloftes in die Bybel nadink, kan jy ware hoop vind en die krag ontvang om voort te gaan.—1 Tessalonisense 4:13.

Sal jy graag meer wil uitvind oor hoe om droefheid te verwerk? Of het jy vrae wat hiermee verband hou, soos “Waarom laat God boosheid en lyding toe?” Besoek gerus ons webwerf, jw.org/af, om te sien watter vertroostende en praktiese antwoorde die Bybel voorsien.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel