Nuwe reëling in verband met dagtekste en Yearbook
1 Nuttige veranderinge word aangebring met betrekking tot die reëling vir die dagtekste en Yearbook. Van 1986 af sal die Yearbook slegs die teokratiese geskiedenis van twee of drie lande dek en die jaar se wêreldwye diensrapport bevat. Die dagteksmateriaal sal in ’n afsonderlike boekie van 128 bladsye met die titel ‘Ondersoek die Skrifelke dag’—1986 verskyn.
2 Dit is nog ’n voorwaartse stap in die Genootskap se program om inligting gelyktydig in baie tale te versprei. Van vroeg vanjaar af het gelyktydige publikasie dit vir die oorgrote meerderheid van Jehovah se Getuies moontlik gemaak om elke week dieselfde inligting in Die Wagtoring te bestudeer. Van 1 Januarie 1986 af sal ons ook aardwyd verenig wees in ’n bespreking van die dagteks. In watter groot mate sal hierdie nuwe reëling tog daartoe bydra om ons Christelike eenheid te versterk!—Vergelyk 1 Korinthiërs 1:10.
3 Hierdie nuwe dagtekspublikasie kan voor die Yearbook gedruk en uitgestuur word aan die gemeentes rondom die wêreld, sodat almal dit aan die begin van die kalenderjaar kan begin gebruik. Die geringe koste daarvan stel elkeen in die gemeente in staat om ’n persoonlike eksemplaar te hê, wat derhalwe gesins- en ander groepbesprekings van die dagteks moontlik maak. Dit is ook ’n gerieflike grootte om na vergaderinge, die werk, die skool of elders te neem.
4 Gemeentelike bestellings vir ‘Ondersoek die Skrif elke dag’—1986 moet teen 1 Julie of so gou moontlik daarna aan die Genootskap gestuur word op die gewone lektuurbestelvorm (S-14). Bestel slegs die aantal wat verkondigers en ander belangstellendes aanvra. Dit sal aanvanklik beskikbaar wees in Afrikaans, Duits, Engels, Grieks, Hollands, Italiaans, Portugees, Sotho, Xhosa en Zulu. Op gemeentelike fakture sal die woorde “Word later gestuur” daarnaas verskyn totdat die boekie beskikbaar is en uitgestuur kan word. Dit sal verkondigers en die publiek 40c kos en pioniers 30c.
5 Die 1986 Yearbook, wat nou R1,40 sal kos, moet eers na 1 Desember bestel word.