Aankondigings
• Lektuuraanbod vir Januarie en Februarie: Intekening op Die Wagtoring teen ’n bydrae van R6.50. As die intekening van die hand gewys word, kan twee tydskrifte en die “Laat u Naam geheilig word”-brosjure aangebied word teen ’n bydrae van R1.00. Maart: Sal in kennis stel. Dit is ’n verandering van Ons Koninkryksbediening vir Desember.
• Die openbare toespraak wat vanaf Februarie deur streekopsieners tydens die nuwe reeks kringbyeenkomste gehou sal word, is “Aardwye vrede—Uit watter bron?” Van Maart af sal kringopsieners die openbare toespraak “Wie is vandag ware Christene?” hou.
• Ons kondig met genoeë aan dat Die Wagtoring in Tsonga vanaf Januarie 1986 half-maandeliks sal verskyn.
• Die pioniertarief vir Die Wagtoring in groot druk is verhoog van 20c tot 35c per eksemplaar. Die tarief vir die gemeente en publiek bly 50c. Verander asseblief alle Cost List-velle dienooreenkomstig.
• Nuwe publikasies beskikbaar:
Aid to Bible Understanding (Deel 41)—Italiaans
Jy kan vir ewig op die aarde lewe!—Oerdoe
• Nuwe kassetopnames beskikbaar:
Ezra, Nehemiah, Esther (stel van twee;gemeente en publiek: R5.00; pioniers: R4.30)—Engels
Album van Hebreeuse Skrifte—Deel 1, Genesis to Ruth (stel van 20; gemeente en publiek: R45.00; pioniers: R31.00)—Engels
• Uit voorraad in Suid-Afrika:
Ons inkomende wêreldregering—God se Koninkryk—Engels
Teokratiese Bedieningskool-Handleiding—Portugees
Ware vrede en veiligheid—Uit watter bron?—Afrikaans, Engels