Help ander om ware vrede en veiligheid te vind
1 Dwarsoor die aarde is daar steeds talle opregte mense wat nog nie knegte van Jehovah is nie, maar “wat sug en steun oor al die gruwels” wat in die Christendom gedoen word (Eseg. 9:4). Hulle sien uit na die tyd wanneer vandag se vreeslike toestande deur ware vrede en veiligheid vervang sal word. Sulke mense het die vertroostende hoop van die inkomende Nuwe Orde met sy paradys van algehele vrede en veiligheid nodig.
2 Die boek Ware vrede en veiligheid —Hoe kan jy dit vind? is vir sulke regskape mense gedruk. Dit is ’n hersiening van ’n vroeëre publikasie oor dieselfde onderwerp. Die boek verstrek volledige antwoorde op vrae soos waarom daar nie nou ware vrede en veiligheid is nie, hoe dit sal kom, wanneer ons sal weet dat dit ophande is en wat ons elkeen daaromtrent moet doen. Dit waarsku mense oor die betekenis van wêreldgebeure. Dit toon aan hulle of hulle enigsins hul vertroue in die mens se pogings tot vrede moet stel of nie. Die Ware vrede-boek meld die Verenigde Volke se deklarasie dat spesiale pogings van wêreldleiers om ‘vrede en veiligheid’ te bewerkstellig in 1986 begin. Die Ware vrede-boek verwys na hierdie deklarasie en sê: “Dit is ongetwyfeld ’n stap in die rigting van die vervulling van Paulus se woorde.... Die profesie toon egter dat die tyd sal aanbreek wanneer die nasies sal sê dat hulle ’n mate van ‘vrede en veiligheid’ bereik het.” —1 Thess. 5:3.
3 Jehovah se organisasie beplan ’n spesiale, wêreldwye verspreiding van hierdie puik publikasie vir April en Mei. Hoewel daar meer informasie hieroor in Ons Koninkryksbediening vir Maart en April sal wees, moedig ons alle gemeentes aan om nou hulle voorraad te bestel as hulle dit nog nie gedoen het nie sodat hulle dit gereed kan hê vir die verspreiding wat in April begin.