Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 5/86 bl. 8
  • Vraebus

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Vraebus
  • Ons Koninkryksbediening—1986
  • Soortgelyke materiaal
  • “Gaan dus en maak dissipels”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2020
  • Hoe om ’n Bybelstudie te hou wat tot doop lei – Deel een
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2020
  • Hoe om ’n Bybelstudie te hou wat tot doop lei – Deel twee
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2020
  • Help jou Bybelstudente om gedoopte dissipels te word
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan(Studie-uitgawe) — 2021
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1986
km 5/86 bl. 8

Vraebus

• Hoe kan ons ons Bybelstudente help om hulle vir hul doop as dissipels van Jesus Christus te bekwaam?

Die doeltreffendste manier sal wees om (1) ’n gereelde en progressiewe tuisbybelstudie te hou, (2) gereelde bywoning van en deelname aan die vyf weeklikse vergaderinge aan te moedig, en (3) hulle te help en op te lei om ’n sinvolle aandeel in velddiens te hê sodra hulle aan die Skriftuurlike vereistes voldoen.

Jesus Christus het sy navolgers opdrag gegee om dissiples te maak, hulle te doop en hulle te leer om al sy gebooie te onderhou. Daardie opdrag geld vandag nog, soos die volgende woorde toon: “En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld.”​—Matt. 28:19, 20.

’n Dissipel is iemand wat iemand anders se leer aanvaar en hom daarvoor beywer. Diegene wat gedoop word, moet dus nie alleen ’n basiese kennis van Bybelwaarheid hê nie, maar moet alreeds deur hulle lewe toon dat hulle Jehovah se regverdige standaarde verstaan en in ooreenstemming daarmee lewe. Daarbenewens erken hulle, as dissipels van Jesus Christus, Jehovah se sigbare organisasie en die gesag van Jesus Christus wat deur “die getroue en verstandige dienskneg” uitgeoefen word (Matt. 24:45-47; Hand. 1:8). Omdat hulle die dringendheid van ons tyd besef, het hulle hul aan die kant van Jehovah se volk geskaar deur die werk te doen wat Jesus begin het en sy volgelinge beveel het om te doen (Luk. 8:1; Matt. 24:14). Hierdie dissipels se waterdoop dien as ’n uiterlike simbool van hulle heelhartige toewyding aan Jehovah God.​—Vergelyk Psalm 40:9.

Dit is goed om in gedagte te hou dat ons ons Bybelstudente help om dissipels van Jesus Christus en nie ons dissipels te word nie. Indien dit blyk dat ons weens persoonlike omstandighede, beskikbare tyd, natuurlike vermoëns of ander geldige redes nie die Bybelstudent kan help om die nodige vordering tot dissipelskap te maak nie, moet ons die saak met die ouere manne bespreek. Hulle sal moontlik praktiese wenke kan gee wat tot die geestelike ontwikkeling van die student kan bydra in ooreenstemming met die apostel Paulus se woorde in 1 Korinthiërs 3:5-9.

Die tuisbybelstudie moet gehou word totdat die twee boeke Jy kan vir ewig in die Paradys op aarde lewe en Verenig in die aanbidding van die enigste ware God voltooi is, al voldoen die student aan die vereistes en word hy gedoop voor die twee boeke voltooi is. As een of albei van hierdie boeke nie in die taal van die student beskikbaar is nie, kan ander soortgelyke publikasies van die Genootskap gebruik word wat basiese Bybelleerstellings en Jehovah se regverdige vereistes vir die mensdom uiteensit.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel