Verbeter die gehalte van ons vergaderinge
1 Die artikel “Openbaar geestelike groei deur aan vergaderinge deel te neem” het in Ons Koninkryksbediening vir Oktober 1985 verskyn. Het jy die wenke daarin toegepas? Dan is jou kommentare by die vergaderinge waarskynlik meer pertinent en voordeliger vir jou en vir ander. Nou wil ons kyk hoe ons die gehalte van ons vergaderinge kan verbeter en wys op die voordele wat ons uit voorbereiding kan trek.
2 Laat ons dit so toelig. Indien jy sou beplan om die Bybellande te besoek, sal jou verwagting grootliks verhoog word as jy eers informasie oor hierdie lande en hulle geskiedenis bestudeer, soos in die Bybel en in naslaanwerke soos die Aid-book uiteengesit word. As jy nie voorberei nie, sal jy nie so gretig wees om spesifieke plekke van belang te sien nie. Dit geld ook vir die bywoning van gemeentelike vergaderinge. Deur tyd af te staan om die dinge te hersien wat in die vergadering bespreek gaan word, wek ons ons geestelike aptyt en word ons gretiger om te antwoord.
3 Elke jaar word al hoe meer eise aan ons tyd gestel waar kry ons die tyd om te studeer? Ons moet die tyd uitkoop van minder noodsaaklike bedrywighede (Ef. 5:16). Die oorgrote meerderheid getuies van Jehovah woon al vyf weeklikse vergaderinge by, en dit verg van talle groot inspanning om teenwoordig te wees. Ons moet tyd aan voorbereiding bestee as ons die grootste voordeel wil trek uit die tyd en die inspanning wat dit van ons verg om by die vergaderinge te kom.
4 Wanneer ons antwoord, moet ons let op belangrike dinge soos akkuraatheid, bondigheid en duidelikheid. Voorbereiding sal help. Wanneer ons ’n nuwe nommer van Die Wagtoring ontvang, moet ons dit deurlees. Later, wanneer ons vir die Wagtoring-studie voorberei, moet ons slegs sleutelwoorde en -sinsnedes onderstreep. (Kyk asseblief Teokratiese Bedieningskool-Handleiding, bladsy 36.) Dit sal ons help om kort en saaklike antwoorde te gee.
5 Dit sal groter geesdrif wek as meer hulle hande opsteek. Dit behoort skugter persone te beweeg om deel te neem en sal ’n groter verskeidenheid opbouende antwoorde bied. As ons hierdie wenke toepas, sal ons vreugde toeneem en sal die gehalte van ons vergaderinge verbeter terwyl ons ons geloof “in die openbaar bely”.—Hebr. 10:23, NW, Rbi8-voetnoot.