Aankondigings
• Diensopsiener en broer wat lektuur behartig, moet ’n aantekening maak van die kormende kampanjes en nou voorbereidsels hiervoor tref deur voorrade vroegtydig te bestel. Hulle moet ook genoeg bestel sodat daar in die behoeftes van die gemeente voorsien kan word. September: Lewe—Hoe het dit hier gekom? Deur evolusie of deur die skepping? teen ’n bydrae van R4,50. (Ontoegekende gebied: Enigeen van die aanbiedinge vir Julie tot September. Enige ouer sakformaatpublikasie kan ook vir Rl,80 aangebied word.) Oktober: Intekening op Ontwaak! of Die Wagtoring of albei teen ’n bydrae van R6,50 elk vir ’n jaarintekening. November: Ware vrede en veiligheid—Hoe kan jy dit vind? teen ’n bydrae van R1,80. (Engels: New World Translation en Ware vrede en veiligheid—Hoe kan jy dit vind? teen ’n bydrae van R8,20. [Wanneer die 1981-uitgawe van die New World Translation saam met die Ware vrede en veiligheid-boek. aangebied word, is die bydrae R7,20.])
• Gemeenterekeninge moet op 1 September, of so gou moontlik daarna, geouditeer word deur die presiderende opsiener of iemand wat hy aanstel.
• 1987-kalender van Jehovah se Getuies: Verkondigers en pioniers moet asseblief hulle kalenders deur hulle gemeente bestel. Gemeentes behoort nou al bestellings vir hierdie kalenders te neem. Stuur dan hierdie bestelling op 1 Oktober 1986, of so gou moontlik daarna, aan die Genootskap op die gewone lektuurbestelvorm (S-14). Kalenders in ander tale moet onder “Other Language Publications” aangegee word, met die afsonderlike getal vir elke taal asook die jaar 1987. Die kalenders sal beskikbaar wees in Afrikaans, Chinees, Duits, Engels, Frans, Grieks, Italiaans, Portugees, Sotho, Xhosa en Zulu. Kalenders is beheerde items en lektuurrekeninge sal met Rl,80 per eksemplaar gedebiteer word. Dit is die prys vir verkondigers, pioniers en die publiek. Geldsendings moet nie die bestelling vergesel nie tensy julle gemeente ’n rekening met ’n nadelige saldo by die Genootskap het. In sulke gevalle moet kontant julle bestelling vergesel. Totdat die kalenders beskikbaar is en uitgestuur word, sal dit as “Will Send Later” op gemeentefakture verskyn.
• Een van die dramas wat by die “Goddelike Vrede”—Streekbyeenkoms opgevoer gaan word, is gebaseer op Genesis hoofstukke 37, 39-45. Ons doen aan die hand dat elkeen die materiaal lees ter voorbereiding van die drama.
• Indien party gemeentes dit raadsaam vind om die Gemeentelike Boekstudie vir die byeenkomsweek te kanselleer, kan die helfte van die toegewese materiaal bespreek word by die Studie die week voor die byeenkoms en die ander helfte by die studie die week na die byeenkoms. Sodoende sal die broers al die toegewese materiaal kan geniet.
• Die Genootskap moes die pryse van sekere publikasies verhoog. Raadpleeg asseblief ons brief gedateer 15 Julie 1986 en die nuwe pryslys, wat na alle gemeentes gestuur is, vir die nuwe pryse wat op 1 September 1986 ingaan.
• Ons wil julle aandag vestig op die “Bedrag”—kolom op die Lektuur-en-tydskrifstaat wat elke maand saam met rekeninge aan gemeentes gestuur word. Enige bedrag daarin wat gevolg word deur ’n “-” is ’n kredietbedrag. En as die “Eindsaldo van rekening” gevolg word deur “-” beteken dit dat dit ook ’n krediet—saldo is. Dit beteken dat die Genootskap die bedrag geld aan die gemeente skuld.
• Bethel sal die dienste van ’n gekwalifiseerde tandarts en ’n dokter nodig hê wanneer hulle na die nuwe takkantoor op Roodekrans verhuis. Aansoekers moet nou ’n aansoekvorm om Betheldiens invul en wegstuur.
• Nuwe publikasies beskikbaar:
Aid to Bible Understanding (Deel 44)—Italiaans
Jy kan vir ewig in die Paradys op aarde lewe—Arabies
Jy kan vir ewig in die Paradys op aarde lewe(Klein uitgawe)—Tswana
Lewe—Hoe het dit hier gekom? Deur evolusie of deur die skepping? (Klein uitgawe)—Chinees
Lewe—Hoe het dit hier gekom? Deur evolusie of deur die skepping? —Grieks
Redenering uit die Skrif—Chinees
Die regering wat die Paradys gaan bring—Arabies
• Nuwe kassetopnames beskikbaar:
Leviticus (stel van twee; gemeente en publiek: R6,00; pioniers: R5,00)—Duits
Job (stel van twee; gemeente en publiek: R6,00; pioniers: R5,00)—Duits
• Uit voorraad in Suid-Afrika:
The Divine Name That Will Endure Forever—Sotho