Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 12/86 bl. 3-4
  • Aankondigings

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Aankondigings
  • Ons Koninkryksbediening—1986
Ons Koninkryksbediening—1986
km 12/86 bl. 3-4

Aankondigings

• Lektuuraanbod vir Desember: My boek met Bybelverhale teen ’n bydrae van R4,50. Die nuwe “Kyk”-brosjure kan ook teen ’n bydrae van 50c aangebied word. Januarie en Februarie: Enige van die volgende boeke teen ’n bydrae van Rl,80: Is die Bybel werklik die Woord van God?, Die waarheid wat lei tot die ewige lewe, Is hierdie lewe al wat daar is?, Goeie nuus omjou gelukkig te maak, of enige boeke of boekies waarvan daar te veel in voorraad is. (Engels: Enige van die volgende boeke teen ’n bydrae van Rl,80: “Let Your Kingdom Come”, Your Youth—Getting the Best out of It, of enige boeke of boekies waarvan daar te veel in voorraad is.) Maart: Jy kan vir ewig in die Paradys op aarde lewe teen ’n bydrae van R4,50.

• Baie gemeentes en kringe het gedurende November bydraes ter ondersteuning van die Koninkrykswerk aan die Genootskap gestuur. Baie het ook bydraes gestuur vir die nuwe Bethelhuis op Roodekrans. Daar was ’n goeie reaksie op die versoek om korttermynlenings en bydraes om die gebou te voltooi. Die Genootskap waardeer julle ondersteuning van die Koninkryksuitbreidingswerk opreg. Wees daarvan verseker dat julle broers en susters wat die Koninkrykswerk eweneens deur liefdewerk en materiële bydraes ondersteun dit ook waardeer. ‘Mag Jehovah julle beloon vir wat julle gedoen het.’​—Rut 2:12, NAV.

• Die presiderende opsiener of iemand wat deur hom aangestel is, moet die gemeenterekeninge op 1 Desember of so gou moontlik daarna ouditeer.

• Ons wil voorstel dat alle gemeentes die nuwe jaarteks teen 1 Januarie 1987 vertoon.

• Die spesiale openbare toespraak vir die Gedenkmaalseisoen van 1987 sal op Sondag, 29 Maart, wêreldwyd gehou word. Die onderwerp van hierdie toespraak is: “Wat is jou verhouding met God?” ’n Skets sal so gou moontlik voorsien word. Die gemeentes wat daardie week die kringopsiener of ’n kringbyeenkoms het, sal die spesiale toespraak die volgende week hou. Geen gemeente moet die toespraak voor 29 Maart hoor nie.

• Die Gedenkmaal sal in 1987 op 12 April na sononder gehou word. Gedenkmaaluitnodigings kan in hoeveelhede van 250 teen Rl,00, 500 teen R2,00 en 1 000 teen R4,00 op die spesiale blou Bestelvorm vir Gedenkmaaluitnodigings bestel word. Ons stuur twee vorms saam met die staat vir November aan gemeentes. Ons sal dit waardeer as julle dit so gou moontlik invul en terugstuur. Julle gemeente se lektuurrekening sal met die koste van die uitnodigings gedebiteer word. Die geld daarvoor moet ingesluit word by die bedrag wat vir lektuur ingestuur word. Moet asseblief nie die bedrag vir uitnodigings afsonderlik op die geldsendingvorm aangee nie. Die enigste uitsondering hierop is as julle gemeente nie ’n rekening by die Genootskap het nie, of as julle lektuurrekening ’n nadelige saldo het. In daardie geval moet die korrekte kontant-bedrag die bestelvorm vergesel.

• 1987 Yearbook of Jehovah’s Witnesses: Verkondigers en pioniers moet asseblief hulle Yearbooks deur die gemeente bestel. Gemeentes behoort nou al bestellings vir hierdie Yearbooks te neem. Stuur dan hierdie bestelling op 1 Desember 1986 of so gou moontlik daarna aan die Genootskap op die gewone lektuurbestelvorm (S-14). Die Yearbooks sal beskikbaar wees in Engels, Duits, Grieks, Nederlands, Italiaans, Portugees en Spaans. Totdat die Yearbooks beskikbaar is en uitgestuur word, sal dit as “Later” op gemeentelike fakture verskyn. Gemeentes moet slegs die hoeveelheid Yearbooks bestel waarvoor daar gevra word. Geldsendings moet nie gemeentelike bestellings vergesel nie, behalwe waar gemeentes nie ’n rekening by die Genootskap het nie of waar hulle rekening ’n nadelige saldo het. In sulke gevalle moet kontant die bestelling vergesel. Die Yearbooks is beheerde items en die lektuurrekening sal met Rl,80 per eksemplaar gedebiteer word. Dit is die prys vir verkondigers en die publiek. (Kyk die Pryslysinstruksies, paragrawe 11-13.) Gewone en spesiale pioniers wat voor 1 Julie 1986 op die lys was, kan ’n gratis eksemplaar verkry waarvoor die gemeente op die Remittance and Credit Request-vorm (S-20) krediet kan aan vra. Pioniers kan bykomende eksemplare teen 90c elk verkry. (Aan sekretaris: Laat gemeente asseblief weet wanneer die Yearbooks ontvang is, sodat almal wat bestel het hulle eksemplare kan kry.)

• Die Genootskap het ’n nuwe boekie met 32 bladsye voorberei met die spesifieke doel om persone met ’n Hindoe-agtergrond te help. Die titel van die boekie is Victory Over Death—Is It Possible for You? (vi). Gemeentes wat Engelssprekendes met hierdie agtergrond in hulle gebied het, kan ’n klein voorraad van hierdie boekie bestel. Daar sal aangekondig word wanneer hierdie boekie in ander tale beskikbaar is.

• Presiderende opsiener moet reël dat MEDICAL ALERT-kaartjies aan die begin van die Diensvergadering vir die week van 11 Januarie uitgedeel word. Broer wat aankondigings doen, kan broers kortliks herinner aan hoe die kaartjies gebruik word, soos uiteengesit in die brief gedateer 1 Oktober 1980. Steek die brief een of twee weke lank op die kennisgewingbord vas. Broers word aangespoor om kaartjies dadelik in te vul, met eie handtekening, handtekeninge van getuies en die datum.

• Streekbyeenkomste vir 1987. Daar word driedaagse, veelrassige streekbyeenkomste vir die middel van Desember en daarna beplan. Nadere besonderhede sal later voorsien word.

• Nuwe publikasies beskikbaar:

Lewe—Hoe het dit hier gekom? Deur evolusie of deur die skepping?​—Spaans

Lewe—Hoe het dit hier gekom? Deur evolusie of deur die skepping? (Klein uitgawe)​—Spaans

My boek met Bybelverhale (Klein uitgawe)​—Spaans

Redenering uit die Skrif​—Spaans

Sing Praises to Jehovah (Klein uitgawe)​—Frans, Spaans

Verenig in die aanbidding van die enigste ware God​—Arabies, Chichewa

Jou jeug​—Hoe om dit ten beste te benut​—Spaans

• Weer beskikbaar in Suid-Afrika:

Emphatic Diaglott​—Engels

Jy kan vir ewig op die aarde lewe!​—Engels

The Divine Name That Will Endure Forever​—Sotho

Beware of Losing Faith by Drawing Away From Jehovah-Drama(enkelkasset)​—Engels

Jehovah’s Name to Be Declared in All the Earth—Drama(enkelkasset)​—Engels

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel