Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 1/87 bl. 4
  • Wandel progressief in Jehovah se weë

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wandel progressief in Jehovah se weë
  • Ons Koninkryksbediening—1987
Ons Koninkryksbediening—1987
km 1/87 bl. 4

Wandel progressief in Jehovah se weë

Hierdie tema sal beklemtoon word tydens die nuwe kringbyeenkomsprogram wat op 31 Januarie begin. Jehovah se organisasie is vooruitstrewend. Die prediking van die goeie nuus brei voortdurend uit. Duisende nuwelinge maak elke jaar vooruitgang en sluit hulle by ons aan. Maar in watter mate maak ons as individue vooruitgang? Die byeenkomsprogram sal konstruktiewe selfondersoek aanmoedig en tydige bemoediging en vermaning gee wat gebaseer is op Paulus se woorde in Filippense 3:16 (NW): “Laat ons ... in die mate waarin ons vordering gemaak het, voortgaan om ordelik te wandel in dieselfde roetine.”

Ons het leiding nodig wat ons sal help om ons daadwerklik van dodelike wêreldse weë af te keer. Ons het praktiese, reguit raad nodig wat vir ons sal wys hoe om vordering te maak deur in Jehovah se weë te wandel. Ons het ook liefdevolle aanmoediging nodig wat ons sal versterk en sal aanvuur. Die nuwe program voorsien mildelik in hierdie behoeftes.

Sodra die datum vir julle kringbyeenkoms aangekondig word, kan jy gerus vaste reëlings tref om al die sessies by te woon. Spoor ander, veral belangstellendes, aan om saam met jou daar te wees en ten volle baat te vind by hierdie geestelik verkwikkende voorsiening.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel