Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 10/87 bl. 2-11
  • Bly by vergaderingtye

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Bly by vergaderingtye
  • Ons Koninkryksbediening—1987
Ons Koninkryksbediening—1987
km 10/87 bl. 2-11

Bly by vergaderingtye

1 Gereelde samekoms by gemeentelike vergaderinge is ’n liefdevolle voorsiening van Jehovah. Dit is ook ’n voorreg wat ons te alle tye kosbaar moet ag. Dit is egter onder ons aandag gebring dat party gemeentes vergaderinge verander en soms heeltemal kanselleer om die een of ander vermaaklikheids- of ander aktiwiteit in te pas. Sou dit gepas wees? Weerspieël dit innige waardering vir hierdie voorsiening van Jehovah God?

2 Gemeentelike vergaderinge maak ’n onontbeerlike deel van ware aanbidding uit. Jehovah beveel ons om gereeld te vergader (Hebr. 10:24, 25). Wanneer vergaderingtye vir die gemeente eers vasgestel is, moet die gemeente daarby bly. Ons moet nooit ’n vergadering ter wille van enige vermaak, troues of begrafnisse verander of kanselleer nie. Vermaak moet gereël word vir tye wat nie bots met die vergaderingtye wat vir gemeentelike aanbidding gereël is nie. Gedurende die ontoegekende gebied-kampanje of ander vakansietye moet gemeentelike vergaderinge op die gewone tye gehou word. As daar geen ouere manne aanwesig is om die openbare toespraak of die Wagtoring-studie te hou nie, kan ’n bekwame bedieningskneg dit waarneem. Die Wagtoring-studie moet in elk geval ter wille van die res van die gemeente en belangstellendes gehou word.​—1 Kor. 14:40.

3 Gedurende die week van die Gedenkmaal en wanneer streekbyeenkomste gehou word, dui die Bestuursliggaam gewoonlik aan of vergaderinge verander of gekanselleer moet word. Hulle het ook aangedui dat die vergaderinge vir Sondag soos gewoonlik gehou moet word wanneer ’n spesiale byeenkomsdag vir ’n Saterdag gereël is. As dit op ’n Sondag val, sal ’n opsomming van die Wagtoring-studie by die eendaagse byeenkoms ten behoewe van alle aanwesiges gehou word. Gemeentes moet sulke voorskrifte van die Bestuursliggaam in verband met vergaderinge wat gedurende hierdie tye gehou word stiptelik volg.

4 Laat ons dus voortgaan om ons vergaderingtye in ’n ernstige lig te beskou en streng hierby te bly. Laat ons bowenal gereeld by ons vergaderinge wees om ‘mekaar tot liefde en goeie werke aan te spoor namate ons die dag sien naderkom’.​—Hebr. 10: 24, 25.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel