Aankondigings
• Lektuuraanbod vir Junie en Julie: Oorlewing tot in ’n nuwe aarde of Geluk—Hoe om dit te vind teen ’n bydrae van R2,00 elk. Augustus: Enige twee van die volgende publikasies teen ’n bydrae van R2,00 elk: “Die nasies sal weet dat ek Jehovah is”—Hoe?, “Dinge waarin dit onmoontlik is dat God sou lieg” en Van die verlore paradys tot die herwonne paradys. Pioniers kan hierdie boeke teen R1,00 per eksemplaar bekom. Krediet vir die ‘Nasies’- en ‘Dinge’- boeke wat deur verkondigers en pioniers geneem word, kan in die “Pioneer Credit Request”-kolom op die “Remittance and Credit Request”-vorm aangevra word. (Engels: Een van die volgende tydskrifgrootte brosjures met 32 bladsye teen 60c: Enjoy Life on Earth Forever!, The Divine Name That Will Endure Forever of The Government That Will Bring Paradise.) September: Lewe—Hoe het dit hier gekom? Deur evolusie of deur die skepping? teen ’n bydrae van R5,00. Die klein uitgawe is R2,50.
• Die presiderende opsiener of iemand wat deur hom aangestel word, moet die gemeenterekeninge op 1 Junie, of so gou moontlik daarna, ouditeer.
• Aan presiderende opsieners: Ons nooi julle almal om enige uitsonderlike ondervindinge in te stuur wat julle gemeente in die loop van die jaar geniet het. Ons wil die beste uit ons veld vir die jaarverslag kies. Moet dit asseblief nie later as 1 Julie 1988 instuur nie.
• Na aanleiding van die artikel “Laat jou hand nie rus nie” in Ons Koninkryksbediening vir Januarie berei talle verkondigers hulle voor om in ’n ontoegekende gebied verder weg te werk. Miskien kan meer van julle as ’n gesin of gemeente tyd uitkoop en ook in hierdie gebiede werk. Gewone en hulppioniers word ook aangemoedig om ’n poging aan te wend om hul bediening uit te brei en in gebiede verder weg te werk. As hulle ’n motorgroep kan reël, moet hulle aan die Genootskap skryf en besonderhede verstrek. Die Dienskomitee moet hulle versoek goedkeur.
• Erkennings vir bydraes wat gemeentes aan die Genootskap stuur vir die bevordering van Koninkrykswerk word op die Genootskap se maandelikse state aan die gemeentes aangedui. Hierdie erkennings sluit kort betuigings van waardering in. Die presiderende opsiener moet let op sulke erkennings en dit elke maand onder die gemeente se aandag bring wanneer die rekeningverslag gegee word. Die Genootskap wil hê dat die broers moet weet dat hul bydraes ontvang is en dat dit waardeer word.
• Nuwe publikasies beskikbaar:
Lewe—Hoe het dit hier gekom? Deur evolusie of deur die skepping? (Klein uitgawe)—Grieks
“Kyk, Ek maak alles nuut”—Arabies,Gujarati, Tamil
Traktaat nr. 14—Italiaans
Traktaat nr. 15—Italiaans, Portugees
Traktaat nr. 16—Duits, Grieks,Italiaans, Portugees
• Nuwe kassetopnames beskikbaar: Jesaja (stel van vier; gemeente en publiek: R13,00: pioniers: R11,00)—Duits
• Uit voorraad in Suid-Afrika:
Aid to Bible Understanding—Engels
“Babylon the Great Has Fallen!” God’s Kingdom Rules!—Engels
• Permanent uit voorraad in Suid-Afrika:
“Hierdie goeie nuus van die koninkryk”—Tswana, Venda
’n Veilige toekoms—Hoe jy dit kan vind—Engels