Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 7/91 bl. 7
  • Aankondigings

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Aankondigings
  • Ons Koninkryksbediening—1991
Ons Koninkryksbediening—1991
km 7/91 bl. 7

Aankondigings

● Lektuuraanbod vir Julie en Augustus: Enige van die volgende brosjures met 32 bladsye teen ’n bydrae van 75 sent elk: Moet jy aan die Drie-eenheid glo?, Die goddelike naam wat vir ewig sal bestaan, “Kyk, Ek maak alles nuut” en Jy kan vir ewig op die aarde lewe! September: Lewe—Hoe het dit hier gekom? Deur evolusie of deur die skepping? teen ’n bydrae van R7,50. Klein uitgawe kos R3,75. Oktober: Intekeninge op die Ontwaak! of Die Wagtoring of op albei teen ’n bydrae van R16,00 elk vir halfmaandelikse uitgawes. Jaarintekeninge op maandelikse uitgawes en halfjaarlikse intekeninge op halfmaandelikse uitgawes kos R8,00.

● Gemeentes wat hulle vergaderingtye wil verander, moet dit op 1 September doen. Nuwe vergaderingtye moet uitgewerk word en vir die gemeentes aangekondig word. Alle gemeentes moet die Genootskap nie later nie as 6 Augustus van hulle nuwe vergaderingtye in kennis stel.

● ’n Opsomming van die Wagtoring-studie vir die week sal op die program van die “Liefhebbers van Vryheid”-Streekbyeenkoms aangebied word. Die broers sal sodoende al die geestelike voedsel ontvang vir die week wat hulle die byeenkoms bywoon. Almal word aangemoedig om die spreker in hulle eie nommer van Die Wagtoring te volg.

● Aangesien die byeenkoms hierdie jaar drie dae sal duur, is dit nie nodig dat die Gemeentelike Boekstudie gedurende die week van die byeenkoms gekanselleer word nie.

● Gemeentes word daaraan herinner om genoeg vorms vir die 1992-diensjaar te bestel. Hierdie vorms moet spaarsaam gebruik word. Hulle moet slegs gebruik word vir die doel waarvoor hulle gedruk is.

● Lapelkaarte vir die 1991-streekbyeenkoms moet bestel word. Gemeentes se lektuurrekening sal met 5c per kaart gedebiteer word. Gemeentes wat nie ’n rekening het nie of wat ’n nadelige saldo op hulle lektuurrekening het, moet geld saam met hulle bestelling stuur. Bestel asseblief in veelvoude van 20, indien moontlik. Lapelkaarte is beskikbaar in Afrikaans, Engels, Portugees, Suid-Sotho, Xhosa en Zulu. Plaas asseblief julle bestelling onmiddellik.

● Let wel: Voordat ’n gemeente grond vir ’n Koninkryksaal koop, moet hulle met die Streekboukomitee in aanraking kom. Hierdie komitee moet ook in kennis gestel word voordat die finale bouplanne opgetrek word, veral as ’n Genootskaplening daarby betrokke is.

● Nuwe publikasies beskikbaar:

Insight on the Scriptures, Deel 2 (gemeente en publiek: R18,25; pioniers: R15,50)—Italiaans

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel