Ons Koninkryksbediening kry ’n nuwe voorkoms
Ons Koninkryksbediening sal van September af ’n nuwe voorkoms hê. Die beter ontwerp sal die werk om hierdie maandelikse publikasie in baie tale uit te gee, vereenvoudig en sal dit vir lesers makliker maak om spesifieke inligting op te spoor.
Weens hierdie nuwe voorkoms kan alle opskrifte sowel as die teks met ’n rekenaar geset word. Die ontwerp is konsekwenter, wat dus die algehele voorkoms van Ons Koninkryksbediening verbeter.
Vir die leser is daar verskeie verbeterings. Die lettergroottes is eenvormig en die lettertipe wat vir die teks gekies is, is baie leesbaar, selfs wanneer dit baie klein is. Dit sal makliker wees om die diensrapport te lees. Hoofartikels sal ook gewoonlik op die buitenste bladsye verskyn, en die meeste artikels sal eindig op dieselfde bladsy as wat hulle begin. Die program vir die Diensvergadering, rooster vir die Gemeentelike Boekstudie, diensrapport, Aankondigings, Teokratiese nuus, Velddiensvergaderinge, Onderwerp vir gesprekke en Vraebus sal op die binnebladsye verskyn.
Ons hoop dat jy sal vind dat hierdie nuttige instrument ’n aantrekliker en doeltreffender hulpmiddel in die prediking van die goeie nuus van die Koninkryk en die dissipelmaakwerk is.