Aankondigings
◼ Lektuuraanbod vir Oktober: Intekeninge op die Ontwaak! of Die Wagtoring of op albei teen ’n bydrae van R17,00 elk vir halfmaandelikse uitgawes. Jaarintekeninge op maandelikse uitgawes en halfjaarlikse intekeninge op halfmaandelikse uitgawes kos R8,50. November: Die Bybel—God se woord of die mens s’n? teen ’n bydrae van R2,60. (Engels: New World Translation of the Holy Scriptures saam met die boek The Bible—God’s Word or Man’s? teen ’n bydrae van R13,60.) Desember: My boek met Bybelverhale teen ’n bydrae van R8,00. Januarie en Februarie: Ware vrede en veiligheid—Hoe kan jy dit vind? teen ’n bydrae van R2,60.
◼ Gemeentes moet begin om hulle bestellings vir Ondersoek die Skrif elke dag—1992 vanaf 1 November saam met hulle gewone lektuurbestelling te plaas. Die boekies sal beskikbaar wees in Afrikaans, Duits, Engels, Frans, Grieks, Italiaans, Portugees, Sepedi, Suid-Sotho, Tsonga, Tswana, Venda, Xhosa en Zulu. Totdat hierdie boekies beskikbaar is en versend word, sal dit as “Will Send Later” op gemeentefakture verskyn. Ondersoek die Skrif is ’n beheerde item en lektuurrekeninge sal met 85c elk gedebiteer word, wat die prys vir verkondigers is. Gewone en spesiale pioniers wat voor 1 Julie 1991 op die lys was, kan ’n gratis eksemplaar kry en bykomende eksemplare teen 55c elk bekom. Geldsendings moet die bestellings vergesel wanneer gemeentes nie ’n rekening by die Genootskap het nie of wanneer hulle lektuurrekening ’n nadelige saldo het. ’n Afsonderlike inskrywing moet op die maandelikse geldsendingvorm (S-AB-20) gemaak word om die gratis eksemplare vir pioniers aan te dui. Ons spoor elke gesinslid aan om ’n eksemplaar van hierdie boekie te hê. Dit moet deur die gemeente bestel word.
◼ Hiermee herinner ons ALLE GEMEENTES daaraan dat hulle asseblief die “Medical Documents” en “Identity Cards” so gou as moontlik op die gewone lektuurbestelvorm (S-AB-14) moet bestel. Geldsendings moet die bestellings vergesel wanneer gemeentes se lektuurrekening ’n nadelige saldo het. Hierdie kaarte kos 5c elk. Moet asseblief nie hierdie kaarte uitgee nie, maar hou hulle terug tot verdere kennisgewing van die Genootskap.