Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 10/91 bl. 3
  • Vraebus

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Vraebus
  • Ons Koninkryksbediening—1991
Ons Koninkryksbediening—1991
km 10/91 bl. 3

Vraebus

◼ Wat moet ’n mens in gedagte hou wanneer jy per telefoon of per brief getuig?

Ons verkies dit om van aangesig tot aangesig met mense te praat wanneer ons die goeie nuus aan hulle verkondig, maar omstandighede kan getuieniswerk per telefoon of per brief ’n noodsaaklike alternatief maak. Verkondigers wat weens siekte of ’n liggaamsgebrek tydelik of permanent tot hulle huis beperk is, kan van hierdie metodes gebruik maak om te getuig. Hulle kan welslae behaal deur inwoners te bereik wat in gebiede woon waar ’n mens nie mag ingaan sonder dat jy vooraf genooi is nie.

’n Mens se stem moet hartlik en aangenaam klink as jy doeltreffend per telefoon wil getuig. Moenie oproepe vroeg bedags, laat snags of gedurende etenstye maak nie. Moenie die telefoon lank laat lui nie. Laat die huisbewoner voel dat jy in hom as persoon belangstel deur hom in die gesprek te betrek. Meld jou naam en van wanneer jy jouself voorstel, en maak die oproep sodoende persoonlik. Gebruik die huisbewoner se naam deur die hele gesprek.

Voordat jy briewe skryf aan belangstellendes of ander wat nie tuis was toe jy hulle besoek het nie, moet jy Studie 17 van die Skool-handleiding-boek raadpleeg. Maak seker dat jy jou naam en adres verstrek. In ’n hele paar gevalle waar verkondigers dit nie gedoen het nie, is hierdie briewe aan die Genootskap teruggestuur. Wanneer jy tydskrifte per pos stuur, moet jou naam en adres ook op die omslag verskyn. Mense hou gewoonlik nie daarvan om anonieme briewe te ontvang nie. Skryf altyd ’n kort en vriendelike brief asof jy van aangesig tot aangesig met die persoon praat.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel