Aankondigings
◼ Lektuuraanbod vir September: Jy kan vir ewig in die Paradys op aarde lewe teen ’n bydrae van R9,00. Klein uitgawes kos R4,50. Oktober: Intekeninge op die Ontwaak! of Die Wagtoring teen ’n bydrae van R19,00 vir halfmaandelikse uitgawes. Jaarintekeninge op maandelikse uitgawes en halfjaarlikse intekeninge op halfmaandelikse uitgawes kos R9,50. November: Die Bybel—God se woord of die mens s’n? teen ’n bydrae van R3,00. (Engels: New World Translation of the Holy Scriptures saam met die boek The Bible—God’s Word or Man’s? teen ’n bydrae van R15,00.) Desember: Die grootste mens wat nog geleef het teen ’n bydrae van R9,00.
◼ Die presiderende opsiener of iemand wat deur hom aangestel is, moet die gemeenterekeninge op 1 September of so gou moontlik daarna ouditeer. Kondig dit in die gemeente af wanneer dit gedoen is.
◼ Aan gemeentesekretarisse. Meld altyd julle gemeentenommer wanneer julle met die Genootskap oor rekeninge, tydskrifbestellings, lektuurbestellings, velddiensrapporte of navrae oor intekeninge korrespondeer. Maak asseblief ook seker dat die nommer op die vorm geskryf word in die spasie wat daarvoor gelaat is. As julle nie Genootskapvorms het nie, moet julle asseblief ’n voorraad bestel.
◼ Van 8 November 1993 tot 2 Mei 1994 sal die boek Hoe om ’n gelukkige gesinslewe op te bou by die Gemeentelike Boekstudie bestudeer word.
◼ Die Bethelhuis en -fabriek sal op Saterdag, 9 Oktober 1993, vir skoonmaakwerk gesluit wees, en daar sal dus geen reëlings vir toere wees nie.
◼ Verkondigers wat beplan om in Oktober hulppionierdiens te doen, moet hulle aansoeke vroegtydig ingee. Dit sal die ouere manne in staat stel om die nodige reëlings vir lektuur en gebied te tref.
◼ Die ouere manne word daaraan herinner om die instruksies op bladsye 21-3 in Die Wagtoring van 15 April 1991 deur te voer in verband met enige uitgesette of gedisassosieerde persone wat dalk graag herstel wil word.
◼ Gemeentes moet Jehovah se Getuies se kalender vir 1994 saam met hulle lektuurbestelling vir September begin aanvra. Die kalender sal beskikbaar wees in Afrikaans, Chinees, Duits, Engels, Frans, Grieks, Italiaans, Portugees, Sesotho, Xhosa en Zulu.