Teokratiese nuus
Lesotho: Altesaam 1895 verkondigers het in April gerapporteer, wat ’n vermeerdering van 19 persent oor verlede jaar se gemiddelde is.
Madagaskar: In Mei is die 5000 kerf verbygesteek toe 5013 verkondigers gerapporteer het.
Suid-Afrika: Ons is verheug om die toewyding van ’n nuwe Koninkryksaal vir elk van die volgende gemeentes aan te kondig: Bosplaas (noord van Pretoria), Hoekfontein (noord van Pretoria), Ntuzuma (KwaMashu), Padfieldpark (Pinetown), Reigerpark (Boksburg) en Wellington. Die gemeentes in Elsiesrivier (Kaapstad) het ook die vreugde gehad om hulle opgeknapte Koninkryksaal toe te wy. Honderde vrywilligers het met die werk aan hierdie projekte gehelp. Ons wil hulle almal bedank vir hulle puik ondersteuning. Tot dusver is daar in 1993 19 Koninkryksale toegewy.