Aankondigings
◼ Lektuuraanbod vir Oktober: Intekeninge op die Ontwaak! of Die Wagtoring teen ’n bydrae van R19,00 vir halfmaandelikse uitgawes. Jaarintekeninge op maandelikse uitgawes en halfjaarlikse intekeninge op halfmaandelikse uitgawes kos R9,50. November: Die Bybel—God se woord of die mens s’n? teen ’n bydrae van R3,00. (Engels: New World Translation of the Holy Scriptures saam met die boek The Bible—God’s Word or Man’s? teen ’n bydrae van R15,00.) Desember: Die grootste mens wat nog geleef het teen ’n bydrae van R9,00. Januarie: Die mensdom se soeke na God teen ’n bydrae van R4,50.
◼ Die “Rooster vir die Teokratiese Bedieningskool vir 1994”-byvoegsel is in hierdie nommer van Ons Koninkryksbediening en daar moet gedurende 1994 deurgaans daarna verwys word.
◼ Gemeentes kan nou die 1994-jaarteks bestel, wat teen R13,00 elk in Afrikaans, Engels, Suid-Sotho, Xhosa en Zulu beskikbaar is. Die koste sal teen die lektuurrekening gedebiteer word. Gemeentes wat ’n nadelige saldo op hulle lektuurrekening het, moet kontant saam met hulle bestelling stuur. Ons stel voor dat alle gemeentes die nuwe jaarteks teen 1 Januarie 1994 in hulle vergaderplek aangebring het.
◼ Gemeentes moet Ondersoek die Skrif elke dag—1994 van 1 Oktober af saam met hulle gewone lektuurbestelling begin bestel. Die boekies sal beskikbaar wees in Afrikaans, Engels, Duits, Frans, Grieks, Italiaans, Kwanyama, Portugees, Sepedi, Suid-Sotho, Tsonga, Tswana, Venda, Xhosa en Zulu. Totdat hierdie boekies beskikbaar is en versend word, sal hulle as “Back Ordered” op gemeentelike fakture verskyn. Ondersoek die Skrif-boekies is ’n beheerde item en sal teen R1,50 elk teen die lektuurrekening gedebiteer word, wat die prys vir verkondigers is. Gewone en spesiale pioniers wat voor 1 Julie 1993 op die lys was, kan een gratis eksemplaar kry en bykomende eksemplare teen 75 sent elk bekom. Gemeentes wat nie ’n rekening by die Genootskap het nie of ’n nadelige saldo op hulle lektuurrekening het, moet kontant saam met hulle bestelling stuur. ’n Afsonderlike inskrywing moet op die Remittance and Credit Request-vorm (S-AB-20) gemaak word om die gratis eksemplare vir pioniers aan te dui. Dit moet deur die gemeente bestel word. ONS MOEDIG ELKE GESINSLID AAN, ONDER ANDERE KINDERS WAT KAN LEES, OM HULLE EIE EKSEMPLAAR VAN DIE BOEKIE TE HÊ.
◼ Nuwe kassette beskikbaar:
Zulu: Luister na die Groot Onderwyser. (Vyf kassette en ’n boek in ’n album. Gemeente en publiek: R38,00; pioniers: R32,50).