Aankondigings
◼ Lektuuraanbod vir Januarie: Die mensdom se soeke na God teen ’n bydrae van R4,50. Februarie: Jy kan vir ewig in die Paradys op aarde lewe teen ’n bydrae van R9,00. Klein uitgawes kos R4,50. Maart: Vrae wat jongmense vra—Antwoorde wat werk teen ’n bydrae van R4,50. April en Mei: Intekening op Die Wagtoring teen ’n bydrae van R19,00 vir halfmaandelikse uitgawes. Jaarintekeninge op maandelikse uitgawes en halfjaarlikse intekeninge op halfmaandelikse uitgawes kos R9,50.
◼ Gemeentes moet geskikte reëlings tref vir die Gedenkmaal, wat vanjaar op Saterdag, 26 Maart, ná sononder gevier sal word. Hoewel dit verkieslik is dat elke gemeente sy eie Gedenkmaalviering hou, is dit dalk nie altyd moontlik nie. As ’n paar gemeentes gewoonlik dieselfde Koninkryksaal gebruik, sal dit dalk beter wees as een of meer gemeentes ander fasiliteite vir daardie aand bekom. Die Gedenkmaal moenie só laat begin dat dit vir nuwe belangstellendes ongerieflik is om dit by te woon nie. Daarbenewens moet die rooster ook nie só druk wees dat daar geen tyd voor of ná die viering is om besoekers te groet, reëlings te tref sodat voortgesette geestelike hulp aan party verleen kan word of dat teenwoordiges mekaar wedersyds aanmoedig nie. Nadat alle faktore deeglik oorweeg is, moet die ouere manne bepaal watter reëlings almal wat die Gedenkmaal bywoon die beste sal help om ten volle by die geleentheid baat te vind.
◼ Die nuwe openbare toespraak vir kringopsieners wat vanaf Februarie en nie later nie as 6 Maart sal begin, het die tema: “Die menseskepping sug—Wanneer sal dit eindig?”
◼ Die spesiale openbare toespraak vir die 1994-Gedenkmaalseisoen sal wêreldwyd op Sondag, 10 April, gehou word. Die tema vir die toespraak sal wees: “Laat godsdiens die mensegemeenskap in die steek?” ’n Skets sal voorsien word. Die gemeentes wat daardie naweek die besoek van die kringopsiener, ’n kringbyeenkoms of ’n spesiale byeenkomsdag het, sal die spesiale toespraak die volgende week hou. Geen gemeente moet die spesiale toespraak voor 10 April hou nie.
◼ Op 9 April 1994 sal ons ’n spesiale Tydskrifdag hê. Duisende van ons broers het dit die afgelope vier jaar geniet om aan die bedrywighede op die spesiale Tydskrifdag deel te neem. Beplan sommer nou al om vanjaar ’n volle aandeel aan hierdie spesiale bedrywigheid te hê. Gemeentes word aangemoedig om hulle spesiale tydskrifbestelling so gou moontlik in te stuur.
◼ LET WEL: Hou asseblief die volgende in gedagte wanneer jy die Genootskap skakel: (1) Maak asseblief, met die uitsondering van noodgevalle of ander dringende sake, persoonlike oproepe na lede van die Bethelgesin buite werksure, aangesien ons telefoonlyne gedurende die dag baie besig is. (2) Wanneer jy in verband met ’n probleem of ’n vraag skakel, moet jy asseblief duidelik meld waarvandaan jy skakel en wat jy wil bespreek. Ons raai broers af, ouere manne inkluis, om vir ’n sekere broer by name te vra, aangesien hy moontlik in ’n ander departement werk of jou dalk nie van hulp kan wees nie. Die telefoniste sal jou na die regte departement kan deurskakel. Probeer asseblief jou oproepe so saaklik moontlik hou sodat waardevolle tyd nie verlore gaan nie. (3) As jy ’n persoonlike probleem wil bespreek, moet jy dit eers met die plaaslike ouere manne bespreek voordat jy die Genootskap skakel. Die ouere manne is die beste daartoe in staat om jou met vrae of probleme te help. Tensy dit ’n dringende saak is, moedig ons ALLE broers aan, ouere manne inkluis, om eerder ’n brief te skryf en die probleem daarin uiteen te sit. Ons sal onmiddellik aan die saak aandag skenk. (Sien asseblief die Vraebus in Ons Koninkryksbediening vir Desember 1992, bladsy 5.)
◼ Nuwe publikasies beskikbaar:
Engels: Watch Tower Publications Index 1991-1992 (gemeente en publiek: R2,50; pioniers: R1,50). Grieks: Nuwe Wêreld-vertaling van die Christelike Griekse Geskrifte (gemeente en publiek: R4,50; pioniers: R3,00). Portugees: Herdrukte Wagtoring-bundels vir 1974-77 (gemeente, publiek en pioniers: R18,00). Venda: Elementêre Bybelleerstellings. Dit is ’n boekie met 64 bladsye wat die doopvrae uit Ons bediening-boek bevat. Dit moet slegs aan gedoopte en ongedoopte verkondigers gegee word (gemeente, publiek en pioniers: 45 sent).