Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 3/94 bl. 8
  • Bied die Jongmense vra-boekaan

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Bied die Jongmense vra-boekaan
  • Ons Koninkryksbediening—1994
  • Soortgelyke materiaal
  • Bied die goeie nuus aan—By jongmense
    Ons Koninkryksbediening—1990
  • Lesers se reaksie op die Jongmense vra-boek
    Ontwaak!—1990
  • Help jongmense om onheil af te weer
    Ons Koninkryksbediening—1990
  • Hedendaagse jongmense—Bied die uitdagings van die 1990’s die hoof
    Ontwaak!—1990
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1994
km 3/94 bl. 8

Bied die Jongmense vra-boekaan

1 Hierdie moderne tyd waarin ons lewe, is vir jongmense oor die algemeen baie moeilik. Daar is baie ouers en jongmense wat besorg is oor die probleme waarmee jongmense te kampe het. Om hulle te help, gaan ons gedurende Maart die Jongmense vra-boek in die veldbediening aanbied. Dalk het jy reeds ’n aanbieding uitgewerk wat jy graag wil gebruik. Of dalk wil jy een van die volgende benaderings probeer:

2 Nadat jy vriendelik gegroet het, kan jy iets sê soos:

◼ “Dit is nie maklik om in hierdie moeilike tye groot te word nie. Jongmense kom te staan voor talle nuwe situasies wat vereis dat hulle gewigtige besluite moet neem. ‘Moet ek drink? Moet ek dwelms gebruik? Wat is gepaste gedrag teenoor die ander geslag?’ Wanneer jongmense vrae oor hierdie basiese kwessies vra, word hulle dikwels met teenstrydige antwoorde gebombardeer. Waarheen dink jy gaan baie van hulle vir raad? [Laat die huisbewoner antwoord.] Hierdie boek, Vrae wat jongmense vra—Antwoorde wat werk, voorsien nuttige inligting. [Vestig die aandag op die inhoudsopgawe asook op die verskeidenheid van onderwerpe wat gedek word.] Jongmense het reguit, realistiese antwoorde nodig. Die antwoorde in hierdie boek word ondersteun deur wat die Bybel te sê het. Jy kan hierdienuttige en pragtig geillustreerde boek teen ’n bydrae van net R4,50 bekom.”

3 Hier is nog ’n aanbieding wat jy kan gebruik:

◼ “Jongmense word vandag aan baie vorme van druk onderwerp. Hulle het hulp nodig om dit met welslae die hoof te bied. Wanneer ons ons bes doen om hulle te help, soek ons tog na iets wat praktiese riglyne voorsien, nie waar nie? [Laat die huisbewoner antwoord.] Partykeer is dit ander jongmense, hulle portuurs, wat die grootste druk op hulle uitoefen. Kyk na die foto’s op bladsye 76 en 77 van hierdie boek. [Vestig die aandag op hierdie foto’s se byskrifte en die kursief gedrukte paragrawe op bladsy77.] Die daaropvolgende bladsye in hierdie hoofstuk voorsien eerlike, praktiese antwoorde. [Gee vir hom die boek.] Jy kan dit kry teen ’n bydrae van R4,50.” As die aanbod van die boek van die hand gewys word, kan jy dalk gepaste punte in die traktaat Sal hierdie wêreld bly voortbestaan? bespreek.

4 Maak seker dat jy alle belangstellendes na die Gedenkmaal op 26 Maart uitnooi. Nooi hulle ook uit na die spesiale toespraak “Die ware godsdiens voorsien in die behoeftesvan die mense gemeenskap” wat wêreldwyd op 10 April gehou sal word.

5 Die tye waarin ons lewe, is beslis “swaar tye”, veral vir jongmense (2 Tim. 3:1). Die Jongmense vra-boek kan ’n jongmens werklik help om die uitdagings van vandag met welslae die hoof te bied. Die 39 hoofstukke bevat baie foto’s, en die artikels is realisties en prakties. Gryp dus elke geleentheid aan om hierdie puik publikasie te gebruik.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel