Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 9/94 bl. 7
  • Aankondigings

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Aankondigings
  • Ons Koninkryksbediening—1994
Ons Koninkryksbediening—1994
km 9/94 bl. 7

Aankondigings

◼ Lektuuraanbod vir September: Jy kan vir ewig in die Paradys op aarde lewe teen ’n bydrae van R10,50. Klein uitgawes kos R5,30. Oktober: Intekeninge op die Ontwaak! of Die Wagtoring per pos teen ’n bydrae van R30,00 vir halfmaandelikse uitgawes. Jaarintekeninge op maandelikse uitgawes of halfjaarlikse intekeninge op halfmaandelikse uitgawes kos R15,00. Klubintekeninge kos onderskeidelik R19,00 en R9,50. November: Die Bybel—God se woord of die mens s’n? teen ’n bydrae van R3,50. (Engels: New World Translation of the Holy Scriptures saam met die boek The Bible—God’s Word or Man’s? teen ’n bydrae van R17,50.) Desember: Die grootste mens wat nog geleef het teen ’n bydrae van R10,50.

◼ LET WEL: Die datum van die volgende streekbyeenkoms het verander:

25-27November:

St.Helena (Engels)

◼ Die presiderende opsiener of iemand wat deur hom aangewys is, moet die gemeentelike rekeninge op 1September of so gou moontlik daarna ouditeer. Stel die gemeente in kennis wanneer dit gedoenis.

◼ Verkondigers wat beplan om in Oktober hulppionierdiens te doen, moet hulle aansoeke vroegtydig ingee. Dit sal die ouere manne in staat stel om die nodige reëlings vir lektuur en gebied te tref.

◼ Die ouere manne word daaraan herinner om die instruksies op bladsye 21-3 in Die Wagtoring van 15 April 1991 deur te voer in verband met enige uitgesette of gedissosieerde persone wat dalk graag herstel wil word.

◼ Gemeentes moet Jehovah se Getuies se kalender vir 1995 saam met hulle lektuurbestelling vir September begin aanvra. Die kalenders sal beskikbaar wees in Afrikaans, Duits, Engels, Frans, Grieks, Italiaans, Portugees, Suid-Sotho, Xhosa en Zulu. Dit is ’n beheerde item. Gemeentes wat nie ’n rekening by die Genootskap het nie of wat ’n nadelige saldo op hulle lektuurrekening het, moet geld saam met hulle bestelling stuur.

◼ Die Ontwaak! in Chinees word van die nommer van 8Julie 1994 af halfmaandeliks en gelyktydig met die Engels uitgegee.

◼ Die Wagtoring en die Ontwaak! in Chinees (basiese) word nou in alle lande beskikbaar gestel. Die Wagtoring word in volkleur gedruk. Die tydskrifte is halfmaandeliks en sal gelyktydig met die Engels verskyn. Gemeentes kan ’n verspreidersbestelling instuur en persoonlike intekeninge sal nou aanvaar word wanneer dit deur die gemeente ingestuur word.

◼ Die Genootskap voorsien nie lektuur aan individuele verkondigers nie. Diegene wat ’n spesifieke item wil hê, kan die lektuurkneg in kennis stel, wat dit onmiddellik by die gemeente se maandelikse lektuurbestelling sal insluit. Die presiderende opsiener moet reël dat daar elke maand ’n aankondiging gedoen word voor die gemeente se maandelikse lektuurbestelling aan die Genootskap gestuur word sodat almal watpersoonlike lektuuritems wil bestel die lektuurkneg daarvan in kennis kan stel.

◼ Daar sal van 1 September 1994 af ’n algemene prysverhoging van lektuur wees. Raadpleeg asseblief die pryslys wat ons aan elke gemeente gestuur het vir verdere besonderhede.

◼ Die Bethelhuis en -fabriek sal op Saterdag, 8 Oktober 1994, vir skoonmaakwerk gesluit wees en daar sal dus geen reëlings vir toere wees nie.

◼ Hiermee herinner ons ALLE GEMEENTES daaraan dat hulle asseblief ’n voorraad van die Advance Medical Directive/Release en Identity Card so gou moontlik op die Literature Order-vorm (S-AB-14) moet bestel. Gemeentes wat nie ’n rekening by die Genootskap het nie of wat ’n nadelige saldo op hulle lektuurrekening het, moet geld saam met hulle bestelling stuur. Die mediese dokumente kos tien sent elk en die Identity Card kos agt sent. Bestel asseblief in veelvoude van 20, indien moontlik. Moet asseblief nie hierdie kaartjies uitdeel nie, maar hou hulle totdat julle verdere instruksies van die Genootskap af ontvang.

◼ Gemeentes word aangemoedig om die strooibiljette te bestel wat hulle vergaderingtye adverteer. Hierdie strooibiljette is beskikbaar teen R13,00 per 1 000. Dit is ’n beheerde item, en julle gemeente se lektuurrekening sal daarmee gedebiteer word. (As julle lektuurrekening ’n nadelige saldo toon, moet julle asseblief geld saam met julle bestelling stuur.) Julle kan die strooibiljette op die Handbill Order-vorm (S-AB-16) bestel. As julle nie ’n bestelvorm het nie, moet julle ons asseblief van julle vergaderingtye (d.w.s. dag van die week en tyd wat elke vergadering gehou word) sowel as die Koninkryksaal se adres voorsien.

◼ Nog ’n uitreiking op rekenaardisket is beskikbaar: GetVerse. Hierdie nuwe program laat die gebruiker toe om Bybeltekste direk in die meeste DOS-woordverwerkers in te voeg. Dit is handig wanneer toesprake voorberei word of wanneer ’n lys van tekste gemaak word. Get Verse is slegs in Engels beskikbaar op een 360 kilogreep-disket met ’n deursnee van 51/4 duim. Om hierdie program te gebruik, moet jy ’n kopie van die New World Translation of the Holy Scriptures—With References of die New World Translation of the Holy Scriptures—With References/Insight on the Scriptures op jou rekenaar geïnstalleer hê wat werk. Die prys vir die gemeente, die publiek en pioniers is R12,00.

◼ Nuwe publikasies beskikbaar:

Portugees: Die bundels van The Watchtower vir 1978 en 1979 (gemeente, publiek en pioniers: R22,00); Watchtower Publications Index 1960-1990 (gemeente en publiek: R37,00; pioniers: R26,00).

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel