Aankondigings
◼ Lektuuraanbod vir Oktober: Intekeninge op die Ontwaak! of Die Wagtoring per pos teen ’n bydrae van R30,00 vir halfmaandelikse uitgawes. Jaarintekeninge op maandelikse uitgawes of halfjaarlikse intekeninge op halfmaandelikse uitgawes kos R15,00. Klubintekeninge kos onderskeidelik R19,00 en R9,50. November: Die Bybel—God se woord of die mens s’n? teen ’n bydrae van R3,50. (Engels: New World Translation of the Holy Scriptures saam met die boek The Bible—God’s Word or Man’s? teen ’n bydrae van R17,50.) Desember: Die grootste mens wat nog geleef het teen ’n bydrae van R10,50. Januarie: Enige boek met 192 bladsye wat voor 1982 gedruk is en waarvan die gemeente moontlik ’n voorraad het. Gemeentes wat nie die ouer publikasies in voorraad het nie, sal die boek Ware vrede en veiligheid—Hoe kan jy dit vind? of Wêreldwye veiligheid onder die “Vredevors” teen ’n bydrae van R3,50 aanbied.
◼ LET WEL: Die datums en tale van die volgende streekbyeenkomste het verander:
23-25 Desember:
Port Elizabeth (Afrikaans, Engels en Xhosa) Plek: St.George’s Park-krieketstadion
30 Desember 1994–1 Januarie 1995:
Bloemfontein (Afrikaans, Engels en Suid-Sotho) Plek: Springbok Park-krieketstadion
◼ Gemeentes kan nou die 1995-jaarteks bestel, wat teen R13,00 elk in Afrikaans, Engels, Suid-Sotho, Xhosa en Zulu beskikbaar is. Die koste sal teen die lektuurrekening gedebiteer word. Gemeentes wat ’n nadelige saldo op hulle lektuurrekening het, moet kontant saam met hulle bestelling stuur. Ons stel voor dat alle gemeentes die nuwe jaarteks teen 1Januarie 1995 in hulle vergaderplek aanbring.
◼ Gemeentes moet Ondersoek die Skrif elke dag—1995 van 1Oktober af saam met hulle gewone lektuurbestelling begin bestel. Die boekies sal beskikbaar wees in Afrikaans, Duits, Engels, Frans, Grieks, Italiaans, Kwanyama, Portugees, Sepedi, Suid-Sotho, Tsonga, Tswana, Venda, Xhosa en Zulu. Totdat hierdie boekies beskikbaar is en versend word, sal hulle as “Back Ordered” op gemeentelike fakture verskyn. Die Ondersoek die Skrif-boekies is ’n beheerde item en sal teen R1,80 elk teen die lektuurrekening gedebiteer word, wat die prys vir verkondigers en pioniers is. Gewone en spesiale pioniers wat voor 1 Julie 1994 op die lys was, kan een gratis eksemplaar ontvang. Gemeentes wat nie ’n rekening by die Genootskap het nie of ’n nadelige saldo op hulle lektuurrekening het, moet kontant saam met hulle bestelling stuur. ’n Afsonderlike inskrywing moet op die Remittance and Credit Request-vorm (S-AB-20) gemaak word om die gratis eksemplare vir pioniers aan te dui. Dit moet deur die gemeente bestel word. ONS MOEDIG ELKE GESINSLID AAN, ONDER ANDERE KINDERS WAT KAN LEES, OM HULLE EIE EKSEMPLAAR VAN HIERDIE BOEKIE TE HÊ.
◼ Ons byvoegsel in hierdie nommer van Ons Koninkryksbediening is die “Rooster vir die Teokratiese Bedieningskool vir 1995”. Daar moet gedurende 1995 deurgaans daarna verwys word.
◼ Dienskomitees moet asseblief uitsonderlike ondervindinge van die ontoegekendegebied-kampanje aan die Genootskap stuur. Ons wil dit graag voor 15November 1994 ontvang.
◼ Let asseblief daarop dat die nuwe prys vir die boek Jehovah se Getuies—verkondigers van God se Koninkryk R30,00 vir die gemeente en publiek en R22,00 vir pioniers is. Werk asseblief julle nuwe pryslysby.