Herinnerings in verband met die streekbyeenkoms
Hou asseblief die volgende in gedagte met die oog op die streekbyeenkomste gedurende Desember:
Hoewel die situasie oor die jare verbeter het, sien ons steeds dat heelparty broers, wat nie na byeenkomstoewysings omsien nie, tydens die sessies rondloop. Ons wil almal dus aanmoedig om tydens die sessies in hulle sitplekke te wees en aandag te skenk aan die inligting wat aangebied word.
Om ten volle by die program baat te vind, is dit noodsaaklik dat ons elke dag vir die openingslied en -gebed teenwoordig is en tot die laaste lied en gebed bly. Om verkeersophoping te vermy, het party die slegte gewoonte om voor die laaste lied en gebed te gaan.
Ons is seker dat almal wat die byeenkoms gaan bywoon hierdie spesiale herinnerings ter harte sal neem.