Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 12/94 bl. 7
  • Aankondigings

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Aankondigings
  • Ons Koninkryksbediening—1994
Ons Koninkryksbediening—1994
km 12/94 bl. 7

Aankondigings

◼ Lektuuraanbod vir Desember: Die grootste mens wat nog geleef het teen ’n bydrae van R10,50. Januarie: Ware vrede en veiligheid—Hoe kan jy dit vind? of Wêreldwye veiligheid onder die “Vredevors” teen ’n bydrae van R3,50. Februarie: Jy kan vir ewig in die Paradys op aarde lewe teen ’n bydrae van R10,50. Klein uitgawe kos R5,30. Maart: Openbaring—Sy groot klimaks is ophande! teen ’n bydrae van R10,50.

◼ Die presiderende opsiener of iemand wat deur hom aangestel word, moet die gemeenterekeninge op 1Desember of so gou moontlik daarna ouditeer. Kondig dit in die gemeente aan wanneer dit gedoenis.

◼ Die Gedenkmaal vir 1996 sal op Dinsdag, 2April, ná sononder gehou word. Hierdie kennisgewing vir 1996 se Gedenkmaalviering word vroegtydig gegee sodat broers die nodige besprekings kan maak of kontrakte vir beskikbare sale kan aangaan waar ’n paar gemeentes een Koninkryksaal gebruik en hulle ander fasiliteite moet kry.

◼ Die Genootskap se brief van 1Augustus 1994, wat aan alle gemeentes gerig was, het genoem dat bygewerkte uitgawes van die twee byvoegsels tot Ons Koninkryksbediening vir Junie 1992 en Maart 1993 aan alle gemeentes gestuur gaan word. Julle behoort teen dié tyd hierdie byvoegsels te hê. LET WEL: Aangesien hierdie byvoegsels bygewerk is, moet julle asseblief julle oorspronklike eksemplare vernietig. In die byvoegsel vir Junie 1992 word duidelike riglyne gegee oor hoe om saam met die aangestelde Hospitaalskakelkomitees te werk. Hou asseblief jou eksemplaar waar jy dit gou kan kry, indien nodig. In die toekoms moet die ouere manne hierdie byvoegsels aan elke pasgedoopte gee.

◼ Nuwe publikasies beskikbaar:

Pools: New World Translation of the Christian Greek Scriptures (gemeente en publiek: R5,60; pioniers: R3,70).

Sepedi: Teokratiese Bedieningskool-handleiding (gemeente, publiek en pioniers: R3,50).

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel