Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 5/95 bl. 3
  • Vraebus

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Vraebus
  • Ons Koninkryksbediening—1995
  • Soortgelyke materiaal
  • Vind meer baat by die Teokratiese Bedieningskool
    Ons Koninkryksbediening—1986
  • ’n Skool wat ons toerus vir wat die heel belangrikste is
    Ons Koninkryksbediening—2002
  • Vraebus
    Ons Koninkryksbediening—1991
  • ’n Suksesvolle wêreldwye skool
    Ontwaak!—1995
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1995
km 5/95 bl. 3

Vraebus

◼ Wat moet ons na die vergaderinge neem?

Ons ontvang elke week nuttige onderrigting en aanmoediging by gemeentelike vergaderinge (Jes. 48:17; Heb. 10:24, 25). Maar hoeveel ons daarby baat vind, hang grootliks daarvan af of ons goed voorbereid kom of nie.

Dit sal goed wees as elke gesinslid sy eie studieboeke en ander lektuur en skryfbehoeftes het wat hy vir die vergaderinge nodig het. Dit sal ’n Bybel, ’n liedereboek, die publikasie(s) wat bestudeer word, ’n notaboek en ’n pen of potlood insluit.

Vir die Teokratiese Bedieningskool is die Rooster vir die Teokratiese Bedieningskool en die Teokratiese Bedieningskool-handleiding nodig. Hierdie artikels help ons om die tema van die studentetoesprake in gedagte te hou en te volg wanneer die skoolopsiener raad gee. Ons kan die raad en wenke persoonlik toepas om ons eie toesprake en velddiensaanbiedings te verbeter. Sedert Januarie word die meeste instruksietoesprake op Jehovah se Getuies—verkondigers van God se Koninkryk gebaseer. Dit is dalk nie prakties vir elke gesinslid om sy eie eksemplaar te neem nie; miskien kan een boek gebring word sodat die gesin dit beskikbaar kan hê wanneer daarna verwys word.

Vir die Diensvergadering moet ons die jongste Ons Koninkryksbediening en die Redenering-boek hê. Neem enige publikasies saam waarna daar gedurende die vergadering verwys sal word, soos lektuur wat gebruik sal word om aanbiedings te demonstreer. Ouer manne moet ’n eksemplaar hê van Georganiseer om ons bediening te vervul.

Ouers moet sorg dat hulle kinders tydens gemeentelike vergaderinge stilsit en aandag skenk. As hulle hulle eie Wagtoring en ander publikasies kry, selfs voordat hulle kan lees, spoor dit hulle aan om belangstelling te toon. Wanneer jong kinders geleer word om teokratiese publikasies te respekteer en te gebruik, word lewenslange, heilsame geestelike gewoontes gevorm.

Die vreugde en voldoening wat ons uit gemeentelike vergaderinge put, word grootliks vermeerder wanneer ons ten volle toegerus daarvoor kom (2 Tim. 3:17). Dit is die beste manier waarop ons kan verseker dat ons “in alle wysheid en geestelike insig vervul [is] met die juiste kennis van [God se] wil”.—Kol. 1:9.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel